Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Matrieks:
‘Saam dans was die beste’

Dinge was vrolik in geel en stylvol in grys by Porterville en Amanzimtoti se matriekafskeide.

Lindie Landman is lief vir geel en het die inspirasie vir haar rok by die sprokieskarakter Sneeuwitjie gekry.

Lindie Landman en Michael Giliomee by die Hoërskool Porterville se matriekafskeid.
Jessica van Zyl en Juan Naude van die Kuswag Skool op Amanzimtoti.

Dié donkerkop-matriekleerling van Porterville in die Wes-Kaap vertel haar hoogtepunt van die Hoërskool Porterville se matriekafskeid was om saam met haar metgesel te dans. Sy is saam met Michael Giliomee na die geleentheid wat op 23 Augustus by die Excelsior Guest Farm and Venue plaasgevind het.

Dit was ’n koue wintersdag toe die matrieks van die Kuswag Skool in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal afskeid gehou het by die ATKV Illovo-oord. Die wind wou ook nie saamspeel nie, maar dit was gepas vir die tema van “A Winter Wonderland”, vertel Jessica van Zyl.

Sy en Juan Naude het albei stylvolle blougrys-uitrustings gedra. Haar rok is gemaak deur Madelaine Clark.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.