Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Sakevrou Zania kry stylvernuwing
Zania Lambert voordat Hannon haar op Glam Guru mooigemaak het.

Die afgelope week het die sakevrou Zania Lambert (45) van Pretoria die kans gekry om deur Hannon Bothma op die kykNET-program Glam Guru mooigemaak te word.

Zania het onlangs haar eie nuwe sake-onderneming begin en haar versoek aan Hannon was om suksesvol te lyk en sommer met die eerste oogopslag raakgesien te word.

­Hannon het ’n korter haarstyl vir haar voorgestel.

“Omdat Zania ’n sterk kakebeen het, moet sy altyd haar hare effens langer in die nek dra, want dit versag ’n mens se gesig,” sê Hannon.

“As jou hare baie dik en swaar is, gaan dit vinnig platval, tensy jy ’n stileermiddel gaan gebruik wat sterk genoeg is. Masseer ’n haarjel wat ekstra sterk is in die hare naby jou kopvel waar jy volume soek. Gebruik net jou vingers wanneer jy jou hare droogblaas. Vir ekstra volume kan jy ’n klein bietjie haarwaks deur jou hare vryf.”

Wat Zania se haarkleur betref, sê Hannon natuurlike donker hare moenie drasties verander word nie.

“Net ’n paar sonstrepe is al wat sy nodig het om die haarkleur so ’n tikkie opwindender te laat lyk.”

Uitgevat soos ’n splinternuwe sikspens.

Omdat Zania tekens van pigmentasie rondom haar oë, voorkop en wange het, het Hannon ’n serum vir haar vel aanbeveel wat die verdonkering verminder.

Volgens Hannon komplementeer ’n donker lipstiffie en neutrale oogskadu mekaar en hy verkies swart maskara bo enige ander kleur.

Sunet Vermaak, die stilis, sê: “ ’n Korporatiewe omgewing verg unieke reëls wat styl betref en kwaliteit is belangrik, soos goeie-kwaliteit-materiaal soos linne, katoen, sy en wol. Neutrale kleure lyk meer klassiek as helder of bont patrone en ’n skoen met ’n skerp punt lyk deftiger as skoene met ronde punte.

“Broeke met wye pype of rompies wat knielengte is, vereis ’n skoen met ’n medium hakkie.

“’n Baadjie wat goed pas, gee selfvertroue en lyk altyd stylvol. Met ’n voller figuur sal ’n dunner materiaal beter werk en dis nodig dat die middel gedefinieer word.”

Agterna kon Zania nie uitgepraat raak oor haar positiewe ervaring op Glam Guru nie.

“Dit was so ’n eerlike ervaring en ek het dit waardeer dat hulle reguit vir my gesê het wat ek eerder moet beklemtoon en wat nié. Ek het lanklaas so baie gelag soos op die Glam Guru-stel agter die skerms daardie dag,” sê Zania.

Meer oor:  Zania Lambert  |  Stylvernuwing  |  Glam Guru
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.