Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Sasha-Lee is reg vir Mej. Wêreld-kompetisie

Sasha-Lee Olivier (26), naaswenner in vanjaar se Mej. Suid-Afrika-kompetisie, het Maandag na Londen vertrek waar sy met voorbereidings vir die Mej. Wêreld-kompetisie sal begin.

Sasha-Lee Olivier (26), naaswenner van die Mej. Suid-Afrika-kompetisie, het Maandag na Londen vertrek waar sy met voorbereidings vir die Mej. Wêreld-kompetisie sal begin. Foto: Verskaf

Zozibini Tunzi, die huidige Mej. Suid-Afrika, verteenwoordig dié land op 9 Desember in die Mej. Heelal-kompetisie in Atlanta in die Amerikaanse deelstaat Georgia.

Olivier, wat as ’n sogenaamde plusgrootte-model beskou word, ding op 14 Desember mee om die Mej. Wêreld-titel.

Olivier, wat as jong kind seksueel misbruik is, het vroeër in ’n verklaring gesê as deel van haar “Skoonheid met ’n doel”-veldtog vir die Mej. Wêreld-kompetisie wil sy meisies en seuns in soortgelyke situasies ondersteun.

Met haar hutsmerk #ItsNotYourFault wil sy vertroosting aan hierdie slagoffers bied.

“Ek is nie geglo toe ek my mishandeling aangemeld het nie en ek het jare lank geglo dit was my skuld. Dit is hoekom my veldtog ontwerp is om mense met soortgelyke ervarings te ondersteun. Ek wil hê hulle moet weet dit was nie hul skuld nie,” sê sy in die verklaring.

Ryan Keys van Keys Fashion het Olivier se uitrustings vir die kompetisie ontwerp.

Werner Wessels, haar stilis, sê in ’n verklaring Keys is vir die taak gekies omdat hy “bekend is vir luuksheid en sy gesofistikeerde gebruik van ongelooflike teksture”.

“Dit is hoekom hy die perfekte keuse was om elegante aandrokke te skep wat Sasha-Lee se skoonheid sal komplimenteer.”

Wessels sê Olivier se uitrustings weerspieël die elegansie van die Mej. Wêreld-kompetisie.

Keys sê dit was maklik om vir Olivier te ontwerp. “Ek het elke stuk ontwerp om Sasha-Lee se liggaamsvorm, persoonlikheid en unieke styl in ag te neem.”

Dit is hoekom hy die perfekte keuse was om elegante aandrokke te skep wat Sasha-Lee se skoonheid sal komplimenteer.

Olivier meen Keys se skeppings gaan vanjaar die Mej. Wêreld-ontwerperstoekenning losslaan.

“Die rokke is ongelooflik mooi en ek voel wonderlik daarin,” sê Olivier.

Sy gaan ook ’n gumboot-dans in ’n paar modieuse gumboots doen as deel van haar Dans van die Wêreld-roetine.

Die choreograaf Ryan Hignett het dié dans gekies omdat dit “uit stryd en met vrolikheid in die apartheidsjare gebore is”.

“Omdat ons Sasha-Lee se eie reis van pyn ken, het ons aan ’n dans gewerk wat krag toon. Hierdie dans word gewoonlik deur mans gedoen, maar omdat Sasha-Lee stereotipes verbreek, is dit die perfekte dans vir haar.”

Stephanie Weil, uitvoerende hoof van die Mej. Wêreld-organisasie, sê: “Ons weet dat Sasha-Lee meer wil hê as om net die kompetisie te wen. Sy het ’n begeerte om ’n verskil te maak in die lewe van vroue, kinders en mans wat vervreemd en alleen voel en met selfhaat gevul is omdat hulle seksueel misbruik is.”

* Die Mej. Wêreld-kompetisie word op 14 Desember van 15:00 tot 18:00 op SABC3 uitgesaai. – Saamgestel deur Roshé Taka


Meer oor:  Mej. Wêreld  |  Zozibini Tunzi  |  Sasha-Lee Olivier  |  Londen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.