Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Secunda ‘blou geverf’ om tienerseun te steun

“Ons dink aan jou, jy is nie alleen nie.”

Dit is die boodskap wat die inwoners van Secunda Dinsdag saam met Arlo Smith (15) wil stuur wanneer hy weer sy dokter in Pretoria gaan besoek.

Arlo het op 23 September saam met sy maats gaan fietsry toe hy om ’n draai beheer verloor, in ’n sementmuur vasgery en meters hoog die lug ingeslinger is. Hy het langs ’n laagwaterbrug in ’n spruit te lande gekom. Albei sy elmboë is in die proses vergruis.

Arlo Smith (15) saam met sy nuwe beste maat, Oreo, ’n bostonterriër.

Om hul steun te wys, word mense gevra om Dinsdag blou aan te trek – die kleur van die Laerskool Goedehoop se skooldrag, en ook blou omdat Arlo ’n seun is.

Sammy Smit, die organiseerder van dié veldtog en Arlo se oud-hokkie-afrigter, sê sy hoop baie mense sal van kop tot tone in blou geklee wees, en selfs hul naels blou verf.

Sy verwag dat baie plaaslike skole en inwoners aan die inisiatief sal deelneem. Sy het selfs van ’n skool in Klerksdorp gehoor waar die personeel blou gaan aantrek.

Sy het die Facebook-blad Prayers for Arlo Smith geskep as ’n platform waar mense bemoedigende boodskappe aan hom kan stuur en om bewusmaking te skep.

Arlo en Oreo bring baie tyd saam deur.
Arlo besoek Dinsdag die dokter in Pretoria. Inwoners van Secunda beplan om blou aan te trek om hul ondersteuning aan hom te wys.

Sy het later met die blou-inisiatief vorendag gekom sodat meer mense aan Arlo kan wys hulle ondersteun hom. Smit sê mense sal Dinsdag foto’s van hulself in hul blou drag op die blad deel.

“Hy moet weet die hele Secunda bid vir hom en staan saam met hom. Dinsdag is ook ’n groot doktersafspraak,” sê Smit.

Arlo se ma, Liezel, sê die Smith-gesin gaan self ook blou aantrek wanneer hulle die dokter in Pretoria besoek.

Liezel sê die ondersteuning wat die gesin ontvang, is ongelooflik. “Ek kan nie glo dat mense so omgee vir my kind nie,” sê ’n emosionele Liezel.

Sy sê Arlo sal eendag ’n getuie vir die Here wees.

Op sy 15de verjaardag op 3 November het mense boodskappe gestuur en by die huis kom inloer.

Liezel sê Arlo bring deesdae baie tyd in sy kamer deur saam met sy nuwe hond, Oreo, ’n bostonterriër. “Wanneer Oreo vir Arlo in die gesig lek, lag hy lekker.”

Liezel sê egter daar is ook dae wanneer Arlo se gemoed swaar is. Hy het bors- en rugpyn, en X-strale sal Dinsdag geneem word.

Sy sê dit is steeds geloof wat die gesin dra.

Meer oor:  Arlo Smith  |  Pretoria  |  Secunda  |  Fietsongeluk  |  Fietsry  |  Fratsongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.