Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Seldsame ou motor deel van Erfenistoer

’n Seldsame ou motor, ’n Borgward Isabella van die 1950’s, gaan van 20 tot 24 September aan die Suid-Kaap Oumotorklub (SKOMK) se jaarlikse Erfenistoer deelneem.

Die toer begin en eindig in George en die roete sluit onder meer dorpe in die Suid- en Oos-Kaap in.

’n Gala-geleentheid word op 23 September in Jeffreysbaai gehou.

Die klub sluit George, Mosselbaai en Oudtshoorn in, maar het ook lede en verteenwoordigers van so ver as Beaufort-Wes en Victoria-Wes.

Die Borgward Isabella wat van 20 tot 24 September aan die Suid-Kaap Oumotorklub (SKOMK) se jaarlikse Erfenistoer deelneem.

Die Borgward Isabella is in Augustus 2004 deur Japie en Willie van Rooyen aangeskaf, sê die klub in ’n verklaring.

Die Borgward Isabella se vervaardiger, dr. Carel Borgward, was volgens die klub een van die laaste onafhanklike vervaardigers wat sy droom om sy eie voertuie te skep verwesenlik het. Die maatskappy is in 1890 gestig en is in 1961 insolvent verklaar.

Borgward was gebaseer in Bremen, Duitsland.

Die maatskappy het voertuie van vier handelsmerke gebou – Hansa, Goliath, Lloyd en Borgward se Isabella, die Spaanse weergawe van die eienaar se vrou, Elizabeth, se naam.

Die produksie van die Borgward Isabella Coupé het in 1954 begin. Die motor het in 1957 sy kommersiële buiging gemaak.

Die handelsnaam het in die 21ste eeu herleef met die Borgward Group AG in Stuttgart.

Meer oor:  George  |  Borgward  |  Erfenistoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.