Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Seun beeld vandalisme by busskuilings uit

Vandalisme by busskuilings van Go George het nie die oplettende oog van ’n outistiese seun met ’n voorliefde vir dié busse ontgaan nie.

Divann Goliath (12) wys sy jongste busskuiling aan James Robb, bestuurder van Go George.

Divann Goliath (12), ’n leerling van die Carpe Diem-skool op George, maak voortdurend busse en stoptekens uit karton, hy teken paaie en bou busskuilings by sy ouerhuis in die woonbuurt Rosedale.

Nadat personeellede van Go George van Divann se liefde vir busse te hore gekom het, het hulle hom met ’n gelukspakkie verras.

Hy gaan kuier nou ook kort-kort by Go George se kantoor en ry met die busse wanneer hy kan.

Omdat hy ’n kampvegter vir die busdiens is, is Divann baie ontsteld oor busskuilings en busse wat verniel en met klippe stukkend gegooi word, sê die George-munisipaliteit in ’n verklaring.

Divann se jongste busskuiling wat hy self gemaak het, het ook ’n gebreekte paneel – presies soos wat die meeste skuilings in sy buurt daar uitsien. Dié skuiling het hy onlangs spesiaal vir James Robb, bestuurder van Go George, kom wys.

Divann Goliath se busskuiling met die gebreekte paneel van nader.

Die diens doen ’n beroep op die publiek om vandalisme te stop deur dit aan te meld by Go George se inbel-kantoor by 0800 044 044 (daagliks van 05:00 tot 21:30), of per e-pos na info@gogeorge.org.za, of met ’n boodskap op Go George se Facebook-blad.

Meer oor:  Go George  |  Vandalisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.