Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Sewejarige seun wen R10 000 in Kfm-vasvra

’n Sewejarige seun van Belhar, Kaapstad, wat Woensdag die jongste deelnemer aan die Clicks R10K Pop Quiz op Kfm 94.5 was, het boonop ook met die prysgeld van R10 000 weggestap.

Shermann Matthews sê sy seun, Izaan, luister elke dag saam met hom na Kfm wanneer hy hom en sy sussie, Imani (3), skool toe bring.

Izaan Matthews (7) van Belhar is die jongste persoon wat al aan Kfm 94.5 se vasvra-speletjie deelgeneem het.Foto: Verskaf

“Ons is groot bewonderaars van Kfm. Die vasvra-speletjie is die laaste ding wat ons speel voordat my kinders uit die motor klim.”

Pa en seun het die afgelope naweek hul eie vasvra gespeel. Izaan moes 10 vrae opstel en het dit met ’n tydopnemer vir sy pa gevra.

“Ek het dit opgeneem om te hoor hoe hy klink. Dit was so oulik en toe het ek besluit om dit Sondag vir Kfm aan te stuur.”

Izaan Matthews (7) se gunsteling-superheld is Spiderman.Foto: Verskaf

Matthews het ook in ’n boodskap vir Kfm bedank dat hulle sy gesin inspireer en vir die impak wat hulle op Izaan se lewe gemaak het.

“Ek so gelukkig, want hulle (Kfm) het my seun se jaar gemaak,” het hy Woensdag ná die vasvra aan Netwerk24 gesê.

Kfm het toe uitgereik en Izaan genooi om aan die regte vasvra deel te neem. Ouderdomsgepaste vrae oor onder meer superhelde, sokkerspeler en wiskundesomme is vir hom opgestel.

Die omroeper Darren Simpson se sewejarige seuntjie, Nate, was die vasvra-meester.

Izaan het die vrae sonder hulp beantwoord, terwyl sy pa en ma, Lezanne, in ’n ander vertrek geluister het. “Dit was ’n trotse oomblik vir my en my vrou.

“Ek is so trots op hom, veral vandag. Net die manier hoe hy dit hanteer het. Hy is ’n slim seun en het baie selfvertroue,” spog die trotse pa.

Alhoewel Izaan nog nie die waarde van die geld ken nie, het hy reeds groot planne daarmee. Hy wil onder meer Frozen 2 saam met sy gesin kyk en deodorant vir sy ma koop.

“My vrou het gesê die mense nou gaan dink sy stink. Maar daar steek eintlik ’n storie daaragter. Sy sustertjie het twee dae gelede met sy ma se deodorant gespeel en dit alles op die bed geverf,” vertel Matthews terwyl hy lekker lag.

“Hy het seker onthou hoe kwaad sy ma vir sy suster was en gedink dit is wat sy ma nou nodig het.”

Netwerk24 kon nie voor druktyd met klein Izaan praat nie.

Luister hier na die vasvra:

Meer oor:  Vasvra  |  Prysgeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.