Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Siek tiener se droom om Cyril te ontmoet, bewaarheid
Kelopilwe Senakgomo (18) se droom om pres. Cyril Ramaphosa te ontmoet is bewaarheid. Hulle deel ’n omhelsing in Vrystaathuis. Foto: GCIS

’n Tiener van Thaba Nchu naby Bloemfontein se droom om pres. Cyril Ramaphosa te ontmoet, is Saterdag bewaarheid.

Kelopilwe Senakgomo (18), wat aan lupus ly, het Ramaphosa nie bloot ontmoet nie, maar ook belangrike sake met hom bespreek en ’n paar stywe drukke ingewerk.

Ramaphosa was die naweek in die stad om onder meer

Hop-huise in ’n behuisingsprojek vir militêre veterane te oorhandig.

Kelopilwe het die president in Vrystaathuis in die teenwoordigheid van premier Sisi Ntombela en Montseng Tsiu, LUR vir gesondheid, ontmoet.

Haar ma, Eva Senakgomo, tante, Patience Matee, en suster,

Prudence Tlhatlogi, het haar met die groot oomblik vergesel.

Pres. Cyril Ramaphosa en Kelopilwe Senakgomo met die teddiebeer Promise. Foto: GCIS

Dié oudleerling van die Brebner High School in Bloemfontein droom sedert Ramaphosa se aanstelling as president daarvan om hom te ontmoet. Sy sê sy en haar ma praat gereeld oor hom. Dit was boonop ’n dag voor Eva se verjaardag, so dit was vir haar soos ’n verjaardaggeskenk.

“Dit was ’n ongelooflike ervaring. Ek is so geëerd en geseënd om die president te kon ontmoet. Ek is so dankbaar teenoor me. Yolanda (Maartens Brown) dat sy my droom bewaarheid het,” sê Kelopilwe

Die Reach for a Dream-stigting, ’n liefdadigheidsorganisasie, reël reeds sedert Februarie aan dié oomblik.

Maartens Brown, die stigting se takbestuurder in Bloemfontein, wat ook by was met die ontmoeting, sê dit was baie gemaklik. Sy sê die president het ’n baie warm persoonlikheid.

“Dit was vir my ’n ongelooflike voorreg om hom te ontmoet. Ek dink iets wat my altyd sal bybly, is dat hy elke persoon in die vertrek met die hand kom groet het. Hy het seker gemaak hy weet presies wie in die vertrek is voordat hy daar ingekom het.”

Pres. Cyril Ramaphosa en Kelopilwe Senakgomo lag saam in Vrystaathuis.Foto: GCIS
Kelopilwe Senakgomo en pres. Cyril Ramaphosa omhels mekaar. Foto: GCIS
Pres. Cyril Ramaphosa, Kelopilwe Senakgomo en premier Sisi Ntombela diep in gesprek oor onder meer gesondheidsorgkwessies. Foto: GCIS
Kelopilwe Senakgomo se geliefdes het haar met die groot oomblik na Vrystaathuis vergesel. Van links is Eva Senakgomo, haar ma, Prudence Tlhatlogi, haar suster, pres. Cyril Ramaphosa, Kelopilwe en Patience Matee, haar tante.Foto: GCIS

Kelopilwe is verlede jaar met lupus – ’n siekte waar die immuunstelsel die liggaam se eie weefsel en organe aanval – gediagnoseer.

Kelopilwe het die ontmoeting benut om die gesondheidsorg in Thaba Nchu te bespreek.

“Ek het om hulp gevra met die verbetering van ons gesondheidsorgstelsel in Thaba Nchu. Daar is kinders wat minder bevoorreg as ek is en nie dieselfde behandeling as ek kan ontvang nie.”

Sy het vir hom ’n teddiebeer, Promise, gegee.

“Die stigting gee aan elke kind ’n teddiebeer as belofte dat hulle jou droom sal bewaarheid. Daardie belofte het waar geword. Die president beloof ook dat hy sy belofte sal nakom om die gesondheidsorgstelsel te verbeter.”

Kelopilwe gaan aanstaande jaar sielkunde aan die Universiteit van die Vrystaat se Suid-kampus studeer. Ramaphosa het haar ’n beurs aangebied.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Kelopilwe Senakgomo  |  Lupus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.