Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Siri, soek gou vir Sanparke

Sowat die helfte van millenniërs jonger as 25 jaar oud weet nie eens wat Sanparke is nie, wys nuwe navorsing.

Millenniërs beplan en bespreek hul vakansies aanlyn en sê resensies op webblaaie soos Trip­Advisor en Booking.com kan ’n bestemming maak of breek.

Teen 2025 gaan ’n driekwart van alle reisigers millenniërs of selfs nóg jonger wees, is in ’n studie deur die aanlyn besprekingsblad Airbnb bevind.

Daarom het Sanparke ook onlangs, in samewerking met die Universiteit van Pretoria, navorsing gedoen oor wat plaaslike reisigers uit dié generasie graag wil hê. En wat hulle wil hê is ’n vakansie waartydens hulle kan ontspan van die gejaagde “malligheid” en nuwe plekke sien en ervaar.

Hoeveel dit gaan kos is die belangrikste faktor wat in ag neem word wanneer hulle hierdie vakansies op hul gewildste platforms, Google, Facebook, Pinterest en Booking.com, navors. Foto’s en video’s is baie belangrik om meer inligting in te win.

“Afslag, spesiale aanbieding en gratis toevoeging” is van die belangrikste woorde waarvoor hulle uitkyk. Daarna gaan hulle die aanlyn resensies op veral Trip­Advisor, Booking.com en Airbnb deeglik na, voordat hulle bespreek.

Millenniërs beplan en bespreek hul vakansies aanlyn en sê resensies op webblaaie soos Trip­Advisor en Booking.com kan ’n bestemming maak of breek.

Teen verwagting in was Wi-Fi nie ’n maak-of-breek-vereiste wanneer ’n bestemming gekies word nie – veral nie vir binnelandse vakansies nie – en heelwat deelnemers het gesê hulle kies spesifiek bestemmings waar geen selfoonontvangs is nie, om ononderbroke tyd saam met familie en vriende deur te bring.

Die meeste van hulle wil in bed-en-ontbyt-verblyf bly. Nie ’n enkele swart deelnemer was bereid om te kampeer of in eenvoudige rugsak-verblyfplek te bly nie. Net 15% van respondente het aangedui dat natuurbestemmings (soos Sanparke se wildtuine) hul eerste keuse as bestemming vir hul jaarlikse vakansie is. Die meeste het die kus verkies.

Vir naweekwegbreke het die meeste (29%) egter natuurbestemmings verkies.

Toe hulle spesifiek uitgevra is oor Sanparke, het die meeste gesê hulle sal waarskynlik een van die parke besoek. Tog het die helfte van die respondente onder 25 jaar oud gesê hulle het nog nooit van Sanparke gehoor nie. Nadat hulle inligting ontvang het oor die pryse van toegang en verblyf by die parke, het nóg meer respondente aangedui dat hulle die parke sal besoek. Maar dan verwag hulle die volgende aktiwiteite moet beskikbaar wees: wildritte en selfry-wildritte, staptogte, fietstoere, tennis en visvang. Daar moet ook ’n sosiale bymekaarkomplek wees vir almal om te kuier, soos “ ’n sentrale boma waar musiek speel en almal kan netwerk”.

Heelwat aspekte van die uitslag van die navorsing wys dat Sanparke eintlik so reg in millenniërs se kraal val, meen Liandi Slabbert, bestuurder van toerismenavorsing by Sanparke. “Hul dryf na ongewone ervarings werk in ons guns as jy in ag neem dat party van die 19 parke werklik unieke ervarings bied, soos ’n skeepswrakstaptog by Kaappunt, spoorsny agter jagluiperds aan in die Bergkwagga Nasionale Park tot ’n erfenisstaptog by Mapungubwe Hill, om net ’n paar te noem.”

Meer oor:  Sanparke  |  Reisigers  |  Navorsing  |  Siri  |  Millenniërs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.