Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Sit neer daai rekenaar

Suid-Afrikaners is selfs tydens vakansie werkslawe en sukkel klaarblyklik om tydens vakansies die skootrekenaar uit te los.

’n Onlangse opname deur die internasionale reisagentskap Trafalgar het gewys Suid-Afrikaners is minder geneig om “af te skakel” tydens vakansies as Britte, Amerikaners, Australiërs en Nieu-Seelanders, en probeer meer werk tydens blaaskanse doen as vakansiegangers in dié vier lande.

Die opname wys ook Suid-Afrikaners is onder aansienlik meer druk om ’n werk-vakansie-balans te probeer handhaaf deur soveel moontlik te ontspan én te werk tydens vakansies, terwyl deelnemers in ander lande makliker hul toestelle afskakel, sosiale media vermy en net ontspan.

67% van die Suid-Afrikaanse deelnemers aan die opname het gesê hulle voel skuldig as hulle nie ten minste hul e-pos-inbokse onder beheer hou tydens ’n vakansie nie.

Dit is natuurlik nie goed vir jou nie. Teresa Richardson, Suid-Afrikaanse besturende direkteur van The Travel Corporation, waarvan Trafalgar deel vorm, sê dis nodig om werklik te rus tydens jou vakansie.

“Dit verbeter jou gesondheid, jou algehele welstand, en ook die gehalte van jou werk wanneer jy dan weer ná die tyd op kantoor is, omdat jou stresvlakke dan gedaal het. ’n Studie deur die Princeton-Universiteit het ook al bevind ’n mens is op jou heel gelukkigste wanneer jy ontspannende, maar boeiende aktiwiteite doen.”

Die Trafalgar-opname het ook dié interessante patrone uitgelig:

  • Suid-Afrikaners gee minder geld op vakansies uit as Britte, Amerikaners, Austra­liërs en Nieu-Seelanders, en sal eerder een lang vakansie per jaar neem as gereelder, korter wegbreke. Tydens dié lang vakansie sal hulle egter aan ’n groter verskeidenheid aktiwiteite, soos sportgeleenthede of feeste, deelneem.
  • Suid-Afrikaners is ook baie meer afhanklik van sosiale media voor én tydens vakansies. Nagenoeg 54% van Suid-Afrikaners bring etlike ure op sosiale media deur om hul vakansiebestemming te kies en die vakansie te beplan, en vra ook graag hul vriende op dié platforms vir ’n mening voordat hulle dit bespreek. Bykans 67% kyk gereeld na sosiale media terwyl hulle vakansie hou en 65% laai ook foto’s van hul vakansie op dié platforms – aansienlik meer as vakansiegangers uit ander lande.

“Waar jy ook al is, probeer om werklik jou omgewing in te neem. Moenie jou aandag daarvan aflei deur aanhoudend na jou e-pos te kyk nie,” sê Teresa Richardson van The Travel Corporation.

Sy gee ook dié wenke of af te skakel:

  • Werk vóór jou vakansie hard om al jou spertye te haal. As jy kan, probeer selfs ’n paar doendinge vir ná jou terugkoms van jou lysie aftik, sodat jy jou nie met jou vakansie daaroor hoef te kwel nie.
  • Skryf ’n gedetailleerde outomatiese vakansie-e-pos. Dui daarin aan dat jy weg is, dat jy nie toegang tot e-pos sal hê nie, asook wanneer jy wel by die e-pos sal uitkom. Dui alternatiewe kontakpersone en hul nommers aan, sodat mense hulle kan kontak met dringende navrae.
  • Hou reisdokumente elders as in jou inboks, sodat jy dit nie eens daarvoor hoef oop te maak nie.
  • Verwyder jou werk se e-posadres van jou foon se e-pos-toepassing tydens jou vakansie.
Meer oor:  Werk  |  Rekenaar  |  Vakansie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.