Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Sjokolade vir jou Valentyn

Valentynsdag en sjokolade gaan mos hand aan hand. Nou is daar ’n nuwe soort sjokolade om jou aan te vergryp.

Sjokolade-liefhebbers, staan nader: Chocolates Valor, ’n topgehalte- Spaanse sjokolade-handelsnaam, is onlangs in Suid-Afrika bekend gestel.

Dié sjokolades van Chocolates Valor is dekadent, én sonder bygevoegde suiker!

Valor maak al sedert 1881 sjokolade, en nóg goeie nuus is dat jy amper skuldvry kan knibbel, want daar is glutenvrye, laktosevrye en suikervrye opsies beskikbaar.

’n Natuurlike versoeter, stevia, word gekombineer met die beste-gehalte-kakaobone en die smaak is presies dieselfde as dié wat wel suiker by het.

Daar is ’n verskeidenheid geure beskikbaar, insluitende melksjokolade met haselneute en 85% donkersjokolade sonder suiker.

Ek het ’n paar van die opsies geproe en die 70% donkersjokolade met lemoen (sonder bygevoegde suiker) is beslis een van my gunstelinge. Die tekstuur is romerig en die smaak intens en ’n mens kan amper nie glo daar is nie suiker bygevoeg nie.

Ek het die 70%-donkersjokolade gebruik om die aarbei-en-sjokolade-happies te maak wat vandag in die weeklikse resep-rubriek Eetplesier verskyn (bl. 3 van vandag se koerant).

Die effense bitterheid van die sjokolade is die perfekte pasmaat vir die romerige aarbeivulsel – ideaal om jou Valentyn mee te bederf!

Die Chocolates Valor-reeks is beskikbaar by Dis-Chem en in uitgesoekte Spar- en Checkerswinkels.

Wen!

Twee gelukkige lesers kan elk ’n spesiale Valentynsgeskenkpak ter waarde van R550 van Chocolates Valor wen. Dit sluit in agt plakke sjokolade, twee warmsjokolade-mengsels en truffels. Om in aanmerking te kom, SMS jou naam, van, kontakbesonderhede (insluitende e-posadres) en afleweringsadres na 35986. Begin jou SMS met Valor.

’n SMS kos R1,50. Jou SMS moet ons teen Maandag om 10:00 bereik en wenners sal teen Dinsdag in kennis gestel word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.