Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Skep balans in jou lewe, is Rachel Kolisi se raad
Rachel en Siya Kolisi saam met hul kroos. Links is hul gesamentlike twee kinders, Keziah en Nicholas. Die egpaar het ook Siya se halfbroer en -suster, Liyema en Liphelo, aangeneem. Foto: Instagram/thatcapetownkid

Vroue moet tyd maak vir hulself om ’n balans in hul lewe te vind, want niemand kan uit ’n leë beker skink nie.

Dit was Vrydag die raad van Rachel Kolisi, ’n ma van vier kinders, en die eggenoot van die Springbok-kaptein, Siya Kolisi.

Kolisi was Vrydag die gasspreker tydens ’n virtuele Vrouedag-aanbieding van BLC Attorneys in Port Elizabeth.

Sy het vroue aangemoedig om hul passie en hul stem te vind, en het ook wenke gedeel oor hoe sy balans in haar eie lewe skep.

Kolisi sê omdat vroue geneig is om mense te koester, gee hulle dikwels baie van hulself aan ander mense, insluitend hul vriende en families.

Die staat van inperking om die verspreiding van die koronavirus te bekamp, is veral veeleisend vir vroue.

Die onrealistiese verwagtinge wat daar gestel word op vroue het tydens die inperking na vore gekom.

Sy sê daar is van baie vroue verwag om skielik verantwoordelikheid te neem vir alles in hul huishoudings, insluitend wasgoed was, skoonmaak, en om seker te maak dat kinders voortgaan met hul aanlyn leerprogramme.

“Die onrealistiese verwagtinge wat daar gestel word op vroue het tydens die inperking na vore gekom. Dit was ook ’n uitdaging met my besigheid (Rise Women), want ons het landwyd geleenthede aangebied.

“Ek was so gewoond daaraan om die meeste van die tyd ’n deeltydse enkelma te wees. Dit was anders om Siya die heeltyd by die huis te hê.”

Toe het Kolisi besluit om haar moue op te rol en aan die werk te spring om ’n verskil te maak in die lewens van talle weerlose Suid-Afrikaners met die Siya Kolisi-stigting.

Ek is nie perfek nie en kry baie dae nie alles reg nie.

Dit het haar ook opnuut laat besef hoe baie sy het om voor dankbaar te wees en watter groot verskil ’n goeie daad kan maak as elke mens net een mens kan help.

Hier is Kolisi se drie wenke vir vroue hoe om balans in hul lewe te skep:

Maak tyd vir jouself

Jy kan nie net die heeltyd volstoom voortstoom nie. Maak alleentyd vir jouself om jou beker vol te maak, want jy kan nie uit ’n leë beker skink nie. Gebruik jou stil tyd net vir jouself, al is dit ’n halfuur om ’n boek te lees. Dit is nie selfsugtig nie.

Organiseer die ruimte om jou

As jy ontslae raak van die warboel in jou ruimte kan jy beter dink. “Ek weet dit is moeilik, want ek moes self in my eie huis take begin delegeer.”

Beplan jou dag

Neem tyd om jou dag te beplan om seker te maak jy ooreis nie jouself nie. Prioritiseer jou dagtake. Stel perke en maak seker mense weet wat jy toelaat en wat nie.

“Ek is nie perfek nie en kry baie dae nie alles reg nie. Vroue moet nooit te trots wees om vir hulp te vra nie, want dit is nie ’n teken van swakheid nie.”

Nog ’n manier hoe Kolisi balans vind, is om te kies by watter gevegte om betrokke te raak. Sy bieg wel dat dit iets is wat sy steeds aanleer, veral op sosiale media.

Meer oor:  Rachel Kolisi  |  Vrouedag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.