Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Skryf in vir Bruid van Jaar!

Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie het nog gegroei en die totale pryswaarde staan nou op R430 280.

Die spertye vir 2020 en vanjaar se bruide om in te skryf, het ook verander om bruide meer tyd te gee om hul inskrywings te verfyn.

Bruide wat verlede jaar, vroeg vanjaar of later vanjaar getrou het/gaan trou, kan deelneem aan die kompetisie.

Inskrywings vir Januarie-bruide het reeds gesluit en die nuwe sperdatums vir inskrywings is as volg:

Bruide wat in Februarie getrou het, moet voor of op 12 April vanjaar inskryf, Maart-bruide se sperdatum is 10 Mei 2021 en April s’n 14 Junie 2021. Mei, Junie en Julie se bruide se inskrywings sluit op onderskeidelik 19 Julie 2021, 2 Augustus 2021 en 30 Augustus 2021.

Bruide wat in Augustus getrou het, moet voor of op 13 September 2021 inskryf, September-bruide voor of op 11 Oktober 2021, Oktober-bruide voor of op 15 November 2021, November-bruide voor of op 10 Januarie 2022 en Desember-bruide voor of op 14 Fe­bruarie 2022.

Vir meer inligting, hou Beeld elke Donderdag dop en gaan loer op Beeld se Facebook-blad vir die volledige bepalings en voorwaardes van die kompetisie.

Vier stappe om in te skryf

  • Skep ’n Word-dokument waarin jy die volgende vrae beantwoord:

a) Waar het julle mekaar ontmoet?

b) Hoe lank ken julle mekaar?

c) Watter beroepe beoefen julle?

d) Wat is jul belangstellings?

e) Wat is jul definisie van ’n gelukkige huwelik?

f) Vertel ons van jou troue. Was daar ’n tema en wat was jou inspirasie?

g) Beskryf jou troudagstyl. Hoe het jy op jou rok en voorkoms besluit?

h) Wat was jou hoogtepunt van die troue?

  • Heg jou Word-dokument aan ’n e-posboodskap waarin jy die volgende inligting verskaf:

a) Troudatum;

b) Bruid se volle naam;

c) Bruid se noemnaam (let wel noemnaam, nie bynaam nie);

d) Bruidegom se volle naam;

e) Bruidegom se noemnaam (let wel noemnaam, nie bynaam nie);

f) Woonadres;

g) Bruid se e-posadres;

h) Bruid se kontaknommer;

i) Bruidegom se e-posadres; en

j) Bruidegom se kontaknommer.

  • Heg ’n duidelike kop-en-skouer-foto en ’n vollengte foto van die bruid (kleur of swart-en-wit, minstens 1 MB groot en in jpeg-formaat) as ’n aanhangsel aan die e-posinskrywing.
  • Stuur jou inskrywing voor 12:00 op die sluitingsdag na bruide@media24.com.

Onthou: Dit is die persoon wat inskryf (of namens ’n bruid inskryf) se verantwoordelikheid om te verseker dat alle inligting wat aan ons verskaf word, reg en volledig is.

Daar word nie e-poskorrespondensie oor inskrywings gevoer nie. Ons maak geen uitsonderings vir inskrywings wat laat is nie.

Só stem jy

Die sperdatum vir stemme vir elke week se bruide is die daaropvolgende Vrydag nadat die bruid se foto’s in die koerant verskyn het. Alle stemme moet ons teen 12:00 op die sper­datum bereik om in aanmerking te kom.

Dit bly die persoon wat stem se verantwoordelikheid om stemme betyds in te dien en Beeldaanvaar geen verantwoordelikheid vir laat stemme nie. Laat stemme sal nie in aanmerking kom nie.

Dieselfde prosedure geld vir bruide wat buite Beeldse verspreidingsgebied val en wil deelneem.

Die bruid met die meeste punte aan die einde van maand sal as die wenner aangewys word.

Wanneer ’n bruid se foto in die koerant verskyn, kan lesers vir hul gunstelingbruid stem deur:

  • Proses 1 (elke SMS tel 1 punt)

SMS Bruid, jou gunstelingbruid se naam en van, jou naam en van, waar jy woon en e-posadres na 35986.

Die SMS-lyn sal oop bly tot die daaropvolgende Vrydag nadat die bruid se foto’s in die koerant verskyn het. Die lyn sluit om 12:00. Elke SMS kos R1,50. Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e sal verreken word.

SMS-voorbeeld: BRUIDE, Sannie Smit, Tanya Kleynhans, Auckland Park, tanya.kleynhans@media24.com.

Deelnemers aan die kompetisie deur middel van stemproses 1 verleen met die gebruik van die SMS-stemme toestemming aan Media24 en sy borge om by geleentheid sy produkte en/of dienste aan hulle te bemark.

  • Proses 2 (elke stem tel 5 pun-te)

Ekstra koerante vir stemme van ’n bruid kan op ’n Donderdag van publisering of die Vrydag ná publisering by Tanya Kleynhans aangekoop word (tanya.kleynhans@media24.com). Beeld sal die koerante aan sy Beeld in Onderwys-skoleprojek skenk.

  • Proses 3 (elke stem tel 5 pun-te)

Knip jou gunstelingbruid se foto uit (slegs oorspronklike foto’s word aanvaar), plak dit op ’n A4-bladsy, voeg jou adres en telefoonnommers by en koerier dit na: Bruid van die Jaar, Kingswaylaan 69, Mediapark, Auckland Park 2006. Stemme kan ook in ’n koevert by Beeld se kantoor in Johannesburg afgelewer word: Ontvangs, Kingswaylaan 69, Mediapark, Auckland Park 2006.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.