Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Sonder bene bly man steeds positief

“Ek moes dit net aanvaar, daar was nie tyd om my te bekommer oor of ek my bene gaan verloor nie.”

So sê Denzel Dube (28) van Somerset-Wes wat sowat vyf jaar gelede in ’n motorongeluk was en wie se bene later weens gangreen geamputeer moes word.

Denzel Dube se vriendelike geaardheid kruip diep in baie mense se harte.

“Ek het ná die ongeluk probeer loop, maar my bene het verskriklik gepyn.

“Ek is na die dokter en hulle het my ingelig dat ek gangreen het en hulle my bene moet amputeer,” sê Dube.

Hy sê ná die amputasie het hy gedurig gedink aan toe hy nog kon loop.

“Dit mag dalk na iets kleins klink. Dit is so ’n eenvoudige ding om te kan loop, maar jy besef hoe groot voorreg dit is wanneer jy dit nie meer kan doen nie.”

Dit het hom egter nie te lank gevat om by sy nuwe omstandighede aan te pas nie danksy die steun van familielede en vriende.

“Ek het fantastiese mense in my lewe wat my aanmoedig en dit hou my positief,” sê Dube.

Een van hulle is Stuart Cowley (48). Hy en Dube het mekaar ontmoet toe hy verlede jaar ’n kontrak gekry het om die woonstelblokke te verf waar Dube saam met sy broer in Somerset-Wes woon.

“Die eerste ding wat ek raakgesien het, was sy glimlag. “Hy het my nederig gemaak en my laat besef dat ek my lewe meer moet waardeer,” sê Cowley.

Cowley het vir Dube ’n branderplank gekry wat aangepas is vir mense met gestremdhede en die twee het saam gaan branderplankry.

“Toe ons by die strand kom vertel hy my hy kan nie swem nie! Maar ons het deurgedruk, en ek kon sien hy geniet dit.”

Denzel Dube en Stuart Cowley by die Strand.

Cowley sê hy het nou ’n optrekbalk vir Dube in die gang by sy woonstelblok ingesit. “Ons gaan nou gereeld branderplankry, so hy moet sy lyf regkry vir die meisies,” skerts Cowley.

Dube sê hy het geleer die lewe is nie so moeilik nie.

“Ek kan nog asemhaal en ek lewe. Ek kan baie dinge steeds doen. My lewe is lekker.”

Dube studeer inligtingstegnologie, maar kan dit weens finansiële beperkings nie heeltyds doen nie. Hy droom daarvan om eendag ’n entrepreneur te word en sy eie motor en huis te besit.

Cowley sê hulle het Dinsdag met ’n skarefinansieringsveldtog op BackaBuddy begin om geld in te samel sodat Dube prostese kan kry.

“Dit is my manier om te probeer help. Ons wat alles het, kla so maklik, maar hier is iemand sonder bene wat oorloop van liefde en positiwiteit,” sê Cowley.

Dube sê hy hoop ander in ’n soortgelyke posisie sal nooit hoop verloor nie.

“As ’n mens gestremd is, kan mense jou soms verkleineer en verneder, maar jy moet aanhou veg en aanhou glimlag,” sê hy.

Cowley sê Denzil het vir hom iets gesê wat hy nooit sal vergeet nie.

“Ek dink Martin Luther King jr. het dit gesê: ‘As jy nie kan loop nie, moet jy kruip. Maak net seker jy hou aan baklei’.”

Meer oor:  Somerset-Wes  |  Amputasie  |  Inspirasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.