Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Sonstrepe, lipstiffie ’n wenresep

Elke Sondag kies Hannon Bothma ’n doodgewone vrou wie se voorkoms hy handomkeer verander en die afgelope Sondag is Julia Horn (46) van Kameeldrif deur sy towerkwas in die kykNET-reeks aangeraak.

Julia het van die begin af erken sy bestee te min tyd aan haar voorkoms omdat sy altyd haar gesin eerste stel wanneer dit kom by haar tyd en geld.

Julia Horn voor sy by Hannon in sy Glam Guru-ateljee gaan kuier het.
’n Splinternuwe voorkoms vir Julia Horn.

Bedags bind sy eerder haar hare vas omdat dit die gemaklikste is by haar werk en daarom het sy vir Hannon gevra om nie te veel van die lengte af te sny nie.

“ ’n Skouerlengtestyl is moderner en sal terselfdertyd minder tyd in beslag neem om te stileer.

“Om ’n woeste gekroes te tem het jy die regte stileermiddels en tegnieke nodig en ’n paar druppels Blow Straight Lotion is ’n kragtige temmer wat jy aan nat hare moet aanwend,” sê Hannon.

Hy het aanbeveel dat sy haar hare met ’n groot borsel en ’n sterk haardroër droogblaas.

“Begin altyd eers die voorste haarlyn droogblaas en blaas stadig as jy die gladste resultate soek,” sê hy.

Julia se nuwe haarkleur bestaan uit ligte sonstrepe sodat sy ’n blondine word.

Krulhare is van nature droog en sonstrepe sal dit nog droër maak, so Hannon beveel aan dat sy elke dag ’n paar druppels Argan Oil Leave-In Treatment aan haar hare wend om dit dieper te bevogtig.

Hannon sê wanneer jy haastig is, kan jy soms wegkom met ’n tikkie kleur en net een produk. Begin by ’n vrolike en helder lipstiffie wat jou gesig in ’n japtrap opgemaak laat lyk.

Sunet Vermaak, die stilis sê: “Vir die meeste van ons is ons begroting ’n uitdaging en ’n nuwe klerekas onmoontlik, maar tweedehandse klerewinkels oftewel thrift shops is deesdae ’n groot neiging.

Kry idees op Pinterest of in tydskrifte oor hoe om ou artikels te vernuwe:

  • Deel stelle klere op en dra die bloes op sy eie by ’n ander broek soos ’n denim.
  • ’n Ou trui lyk heeltemal anders as dit effe ingesteek word, eerder as wat dit net los hang.
  • ’n Hemp wat voor geknoop word, skep beter proporsies en lyk moderner.
  • ’n Oopknooptrui kry nuwe lewe met ’n ander kleur gordel wat bo-oor vasgemaak word met bypassende juwele
  • Diamant-detail wat by kuns- of materiaalwinkels te koop is, kan ’n glansvoorkoms aan ’n ou denim of skoene gee.
Meer oor:  Hannon Bothma  |  Glam Guru  |  Oormaaksessie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.