Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Spina bifida-lyer verheug oor nuwe rolstoel
Christo Coetzee was Vrydag oorstelp van vreugde toe hy sy nuwe rolstoel sien. Sy verloofde het ’n geldinsamelingsveldtog begin sodat hulle die stoel vir hom kon koop. Foto: Mlungisi Louw

’n Vrou van Arlington in die Vrystaat en inwoners van dié dorp het kragte saamgespan om vir haar verloofde ’n splinternuwe rolstoel toe koop.

Christo Coetzee (35), wat van die bors af ondertoe verlam is, het nou danksy geldinsamelings en borge ’n rolstoel van R70 000 waarmee hy oor die weg kan kom.

Coetzee se verloofde, wat anoniem wil bly, het dié projek aan die gang gesit.

Sy het die gemeenskap op Facebook van die geldinsameling in kennis gestel en vriende, familielede en enigeen uit die omgewing kon geld vir die rolstoel skenk.

Coetzee het spina bifida en is al sy lewe lank in ’n rolstoel.

Christo Coetzee bekyk sy splinternuwe, pasgemaakte rolstoel. Foto: Mlungisi Louw

Spina bifida is ’n afwyking van die ruggraat waar een of meer van die rugwerwels nie behoorlik gevorm is nie en daar ’n opening in die ruggraat is. Dit tas onder meer beweeglikheid aan en in Coetzee se geval is hy van die bors af verlam.

Volgens die paartjie was die voorbereiding wat met die koop van ’n rolstoel gepaard gaan “erger as karkoop”.

“Dit moes aan spesifieke vereistes voldoen,” sê Coetzee.

’n Maatskappy het Coetzee se rolstoel volgens sy behoeftes ontwerp en gemaak en het hulle volgens hom uitstekend van hul taak gekwyt.

“Hulle het begrip vir my toestand en behoeftes getoon en dit moontlik gemaak om ’n rolstoel te kry wat my soos ’n handskoen pas.

“Ek het gedink dié dag gaan nooit kom nie. Niemand sal ooit werklik kan verstaan wat dit vir my beteken nie. As my stoel reg is, dan loop dinge ook reg.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.