Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Staptog vir Bybels: 800 km al agter die blad
Die groep wat die staptog aandurf is agter: Jan Arends, Melvin Mokgalakgadi, Sylvie Arends en Mannfred Brussow. Voor is Arno Janse van Rensburg. Die kamele is Aziz en Simon.

’n Groep stappers en twee kamele, wat die tog van Kakamas in die Noord-Kaap tot in Port Elizabeth aandurf, het reeds meer as 800 km van hul reis voltooi.

Dié groepie het Middleton in die Oos-Kaap Maandagoggend verlaat. Hulle stap met die Olifantskoppas langs na hul volgende bestemming op Alicedale.

Die doel van die reis is om geld vir Bybelverspreiding in te samel en om ’n boodskap van hoop en bemoediging te bring aan mense wat hulle op die reis teëkom, sê die groepsleier, Jan Arends.

Lees ook: Kamele durf langpad aan om geld vir Bybels in te samel

Die groep bestaan uit Arends, ’n prediker en evangelis, sy dogter Sylvie, en Melvin Mokgalakgadi (nog ’n evangelis), asook Mannfred Brussow en Arno Janse van Rensburg (studente aan School of Fire by Groblershoop in die Noord-Kaap).

Arends sê die Here het hom jare gelede, toe hy gestuur is om ’n boodskap van hoop aan mense te bring, herinner aan Mattheus 19:24-26.

Hierin sê Jesus dit is makliker vir ’n kameel om deur die oog van ’n naald te gaan as wat dit vir ’n ryk persoon is om die koninkryk van God te betree.

Die reis tot dusver was vir almal besonders. Die groep het goeie gees en ons is nog vol moed. Die kamele is baie rustig.

Arends glo egter alles is moontlik deur God en dit is waarom Aziz en Simon (die kamele) die reis saam met hulle meemaak. Die kamele is volgens Arends die simbool van hoop.

“Die reis tot dusver was vir almal besonders. Die groep het goeie gees en ons is nog vol moed. Die kamele is baie rustig,” sê Arends.

“Die hoogtepunt van die reis is al die mense waarmee ons tot dusver in kontak gekom het en diegene wat ons bemoedig.”

Die staptog het op 30 Mei, op Hemelvaartdag, begin. Die groep gaan by weldoeners tuis of hulle slaap in tente langs die pad.

Meer oor:  Bybels  |  Staptog  |  Jan Arends  |  Kamele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.