Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Stephanie ‘stomgeslaan’ toe nuwe bril haar help sien
Stephanie Potgieter met haar nuwe bril. Foto: Verskaf

’n Spesiale bril wat ’n meisie met ’n seldsame siekte help om behoorlik te kan sien, het haar “stomgeslaan”.

Kort nadat Stephanie Potgieter (12) Vrydag dié bril gekry het, het haar skoolhoof gesê “sy kan nie glo wat sy sien nie, sy is in sy skok”.

“Ek kry nie ’n woord uit haar uit nie,” het Benton Nortman, skoolhoof van die Salomon Senekal Hoërskool in Viljoenskroon gesê.

Stephanie ly aan die toestand frontonasale displasie.

Mense wat aan die toestand ly, se kop en gesig ontwikkel nie normaal nie.

Stephanie se oë sit te ver uit mekaar, wat veroorsaak dat sy glad nie afstand kan skat nie.

Sy moes ’n spesiale bril kry en talle weldoeners het bygedra om dit moontlik te maak nadat Netwerk24 in Februarie oor haar seldsame toestand berig het.

Die bril, wat in Potchefstroom gemaak is, is Vrydag by die skool afgelewer.

Stephanie se oë sit te ver uit mekaar, wat veroorsaak dat sy glad nie afstand kan skat nie.

Stephanie wou graag almal bedank wat gehelp het om die bril te betaal maar haar ma, Annette Deysel, sê Stephanie se moed het haar begewe en sy was te skaam om op ’n video te praat.

Sy sal dalk liewer ’n mooi briefie skryf.

Sy is lief vir lees en hou van skool, maar moes tot nou boeke omtrent teen haar gesig hou om te kan lees, sê Deysel.Stephanie was in Maart vanjaar op die punt om na Kaapstad te vertrek waar haar gesig stelselmatig in ’n reeks operasies reggemaak word.

Die staat van inperking is egter afgekondig enkele dae voordat ma en dogter die lang reis Kaap toe sou aanpak.

Dié operasies is nou herskeduleer en Anel Coetzee, wat die gesin bystaan, sê sy glo Stephanie sal binnekort geopereer word.

Stephanie se pa, Fanie, is aan maagkanker dood nog voor sy gebore is

Meer oor:  Sien  |  Sig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.