Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Stormers steun projek vir hardloopskoene

Die DHL Stormers is nie net ’n gedugte rugbyspan nie, maar het nou ook sy gewig ingegooi by ’n projek om ou hardloopskoene in te samel tydens die FNB Run Your City-reeks se virtuale hardloopbyeenkoms wat op Erfenisdag plaasvind.

Die DHL Stormers is van links Siya Kolisi, Elton Jantjies en Steven Kitshoff.

Die skoene sal aan verskeie welsynsorganisasies geskenk word, lui ’n verklaring.

Megan Collinicos, wat gemoeid is met bemarking vir DHL Express Sub-Sahara Afrika, sê elke deelnemer aan die virtuele byeenkoms sal ’n wedlooppak in ’n DHL-boks ontvang. Die boks is die regte grootte vir ’n ou paar skoene wat mense voor 5 Oktober by enige DHL-tak kan inhandig. DHL sal dit dan by welsynsorganisasies wat by die byeenkoms betrokke is, aflewer.

Siya Kolisi, die DHL Stormers se kaptein, sê die span is trots om die inisiatief te ondersteun. “Dis fantasties om te sien hoe ons titelborg, DHL, so ’n goeie saak ondersteun wat mense deur die Run Your City Series – RYCS – Heritage Day Virtual Run aanmoedig om aktief te wees, terwyl daar ook deur die Shoe Drive vir minderbevoorregtes voorsiening gemaak word.”

Die byeenkoms is Donderdag (Erfenisdag) van 06:30 tot 12:00 (die afsnytyd).

Chris van Zyl, slot van die DHL Stormers, sê die span sal daarvan hou as al sy ondersteuners die byeenkoms en veldtog goed ondersteun. “Dit is ook ’n lekker manier om bymekaar te kom terwyl ’n gesonde afstand gehandhaaf word.”

Die byeenkoms is Donderdag (Erfenisdag) van 06:30 tot 12:00 (die afsnytyd).

Die RYCS-nasporingsapp kan van Google Play en die Apple AppStore afgelaai word. Die app moet gebruik word om die hardloper se vordering op die roete te monitor en wys die deelnemer se virtuele posisie op die byeenkoms se roetes in Kaapstad, Durban en Johannesburg.

Die welsynsorganisasies wat ondersteun word, is Cotlands, Johannesburgse Erfenisstigting, Johannesburgse Dierebeskermingsvereniging (DBV), Reach for a dream-stigting, TREE, Durban & Coast-DBV, LIV Village, iThemba Lethu, help2read, Die Burger Kinderfonds en die Kaap de Goeie Hoop-DBV.

Vir meer inligting stuur ’n e-pos na entries@thecapetown12.com, entries@durban10k.com of entries@joburg10k.com of besoek die webwerf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.