Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Student (23) wil terugploeg ná hulp met studie

’n Student van die Weskus wat danksy weldoeners haar studie kan voltooi, wil die kennis wat sy opdoen in die gemeenskap terugploeg.

Shayen Gomis
Shayen Gomis

Shayen Gomis (23) van Rondeberg, ’n BA-student in sielkunde aan die Universiteit Stellenbosch, kan danksy hulp van Feenix en die V&A Waterfront sonder groot studieskuld vir haar vierde jaar se studie gradueer.

Gomis het ’n profiel geskep op Feenix, ’n aanlyn platform vir skarefinansiering vir studente wat geld vir hul studie benodig.

Volgens haar was daar baie suksesverhale op Feenix van studente wat hul studie suksesvol voltooi het. Dit was vir haar ’n groot inspirasie.

Gomis se profiel en fondsinsamelingsbedrywighede op Feenix het uitgestaan en die aandag getrek van die V&A Waterfront se span wat gemoeid is met ’n korporatiewe maatskaplike beleggingsprogram.

Die program se kriteria is onder meer hoe gemeenskappe in die Wes-Kaap ná die student se studie by die betrokke kwalifikasie kan baat vind, en hulle het besluit om Gomis te help.

“Feenix help jong mense om hul drome te verwesenlik en die V&A Waterfront se gemeenskapsprogram wil geleenthede vir mense soos Gomis ’n werklikheid maak,” het Donald Kau, woordvoerder van die V&A Waterfront, gesê.

Gomis se passie is om met mense te werk en na hulle te luister.

“Ek is mal daaroor om mense deur kennis te bemagtig en hulle van strategieë te voorsien om hulle te help groei en vooruit te gaan. Daarom het ek ’n graad in sielkunde gekies.”

Sy het Maandag by navraag aan Netwerk24 gesê sy sal eendag haar eie praktyk wil hê.

“Maar voor dit sal ek graag betrokke wil wees by geestesgesondheidsprogramme vir die gemeenskap.”

Sy glo Rondeberg se mense is trots op haar. “Dis eers as iets soos dié gebeur dat mense besef wat jy doen. Voor dit weet hulle nie regtig wie jy is nie.”

Meer oor:  V&A Waterfront
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.