Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Studie wys hoe werknemers ‘bestuurder uit die hel’ hanteer

’n Bestuurder “uit die hel” kan baie mense se droomwerk in ’n nagmerrie laat ontaard.

’n Studie van die Universiteit Stellenbosch (US) wys dat mense wat hulself in so ’n werkomgewing bevind, verskillende strategieë ontwikkel om ’n afbrekende leierskapstyl te probeer hanteer.

Foto ter illustrasie.

Deelnemers aan die studie het onder meer probeer om hulself van die situasie te distansieer deur die bestuurder te vermy, deur te bedank, voor te gee dat alles oukei is, of deur hulself emosioneel af te sluit.

“Hulle het ook positiewe gewoontes (soos oefening) en negatiewe gewoontes (soos om hulle te ooreet) aangeleer in ’n poging om die situasie te kan hanteer,” sê dr. Beatrix Brink, ’n navorser en raadgewende sielkundige wat onlangs haar doktorsgraad in sielkunde aan die US verwerf het.

“Hulle het ontvlugting in geloof probeer vind, hulle tot maatskaplike steun en steun van hul families gewend, of hulle tot professionele dienste gewend soos om ’n sielkundige te gaan spreek,” sê Brink.

“Hulle het hul gedagtegang probeer aanpas deur na positiewe goed te soek wat hulle uit die situasie kon leer.”

Brink het werknemers se ervarings met afbrekende bestuurders in Suid-Afrikaanse instellings bestudeer. Sy het meestal vroulike werknemers in die sektors vir vervaardiging, kleinhandel, finansiële dienste, gemeenskapsdienste en in die openbare sektor hieroor uitgevra.

“Hulle het probeer om die gevoel van magteloosheid teen te werk deur hulself te laat geld en het maniere probeer kry om die uitwerking van die bestuurder se afbrekende gedrag te omseil. Hulle het hulself met kennis toegerus deur inligting te soek oor die hantering van afbrekende bestuurders.”

Brink voeg by dat die respondente in hulself getwyfel het en vaardighede en vermoëns waaraan hulle voorheen baie waarde geheg het, begin bevraagteken het.

Hulle het vreesbevange en ongemotiveerd begin voel. Hulle het emosies ervaar wat gewissel het van dom voel en tranerigheid tot woede.

“Hulle het behep geraak met die situasie en het gesukkel om te konsentreer. Hulle het opgehou om goed te doen wat vir hulle lekker is en sommige het selfs begin om die bestuurder se negatiewe gedrag in hul persoonlike verhoudings te weerspieël.”

Brink sê werknemers wat hierdeur gekonfronteer word, moet versigtig te werk te gaan en met groot omsigtigheid die beste kanale oorweeg om ’n oplossing vir hierdie afbrekende verhouding te kry.

Sy sê bestuurders, ondergeskiktes en organisasies sal waarskynlik daarby baat vind wanneer ondernemings ’n omgewing skep waarin mense sonder vrees openhartige gesprekke oor afbrekende leierskap kan hê en kan praat oor die negatiewe uitwerking daarvan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.