Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Matriekafskeid:
Styl uit veld & fliek

Eben Basson van die Hoërskool Charlie Hofmeyr in Ceres staan bekend as die Witzenberg-kontrei se slangvanger en hy’t ’n groot voorliefde vir hengel.

Daarom was dit heel gepas dat hy en sy metgesel, Liann Meyer, foto’s geneem het langs die viswater.

Liann Meyer en Eben Basson is saam na die Hoërskool Charlie Hofmeyr op Ceres se matriekafskeid.
Eben Basson en Liann MEyer is saam na die Hoërskool Charlie Hofmeyr op Ceres se matriekafskeid.Foto:
Eben Basson hengel vir oulaas voordat hy en Liann Meyer na hul matriekafskeid vertrek. Foto:

Liann se smaraggroen rok met oop skouers en ’n wye romp het gelyk asof dit hoort in die natuurlike omgewing. Eben se klassieke swart pak en onderbaadjie is afgerond met ’n das en blom van dieselfde materiaal as Liann se rok.

Lilly-Cara Pieterse van die Hoërskool Zwartkop.
Lilly-Cara en Anton Jacobs voor Hoërskool Hennenman se afskeid.

Lilly-Cara Pieterse van Hoërskool Zwartkop en Anton Jacobs van die Hoërskool Hennenman in die Vrystaat het ’n Casablanca-atmosfeer geskep vir hul foto’s op ’n ou vliegveld. Lilly-Cara se rok het ’n ouwêreldse sjarme uitgestraal. Sy was in Graad 1 in Hennenman en het na Centurion verhuis. Anton het haar na Henneman se afskeid genooi.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.