Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Suster mis in 35 j. nie een werkdag by Groote Schuur

Sy werk al 35 jaar as suster by die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad en was nog nie ’n enkele dag afwesig nie, nie eens vir ’n troue, begrafnis of geboorte nie.

Colleen Grehan (66) is al van kleintyd af lief daarvoor om ander te versorg.

Colleen Grehan (66). Foto: Facebook

“Ek is mal daaroor om met mense te werk,” sê Grehan, wat in 1984 as wondspesialis begin het en haar loopbaan as afdelingshoof afsluit.

Grehan sê sy het al verlede jaar probeer aftree.

“Ek het verlede jaar vir tien uur afgetree, maar hulle het niemand gehad om my te vervang nie,” sê sy in ’n verklaring.

“Ek het toe die volgende oggend ingekom, die dokumente onderteken en ek was terug. En nou gaan ek weer aftree. Ek wil nie, maar ek moet.”

Grehan sê sy is altyd by die werk, kom wat wil.

“Daar was al tye dat ek ’n probleem met my rug gehad het en ek skaars kon loop, maar ek was by die werk.

“Ek moes ’n paar keer iemand vra om my werk toe te neem, want ek kon nie bestuur nie, maar ek was by die werk. As ek net kon aangaan, sou ek.”

Grehan het tussen 250 tot 270 pasiënte per maand behandel en verlede jaar het sy 3 097 pasiënte gehelp.

Colleen Grehan as ’n klein meisietjie met ’n “suster-uniform” wat haar ma vir haar gemaak het. Foto: Facebook

Een van daardie pasiënte sal haar altyd bybly. Dit was ’n jong meisie van Philippi wat die sewende slagoffer was van honde wat mense in die gebied aangeval het.

Van die ander is dood, maar die meisie het oorleef, al het sy haar een been verloor.

“Sy het regtig goed gevaar. Sy is sonder ’n prostese huis toe na die plaas waar sy gewoon het,” vertel Grehan.

“So behandel ek onlangs ’n pasiënt in die kraamafdeling wie se been geamputeer is. Sy het ook littekens. Ek vra toe is sy diabeties en sy sê nee.

“Toe ek vra wat met haar been gebeur het, sê sy: ‘Suster, jy weet . . . die honde’. Sestien jaar later was sy hier met ’n baba.”

Meer oor:  Groote Schuur  |  Aftree
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.