Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
‘Suzy’ tree af, maak plek vir aanlyn platform

Die hartseer beeldjie van Suzy, wat mense al 66 jaar lank bewus maak van die Wes-Kaapse Vereniging vir Serebrale Gestremdheid, gaan vervang word deur ’n aanlyn platform vir geldinsameling.

Die Wes-Kaapse Vereniging vir Serebrale Gestremdheid groet Suzy ná 66 jaar. Foto: Daily Voice

Die pop met ’n beenstut hou ’n teddiebeer in die regterhand vas en ’n kollekteblikkie in die ander. Dit is gewoonlik by die ingang van winkels geplaas.

As deel van die vereniging se bewusmakingsweek van 26 tot 30 Augustus gaan die aanlyn platform saam met die vereniging se nuwe logo bekend gestel word.

Gadija Koopman, direkteur, het by navraag gesê baie winkels het opgehou om Suzy by hul deur te sit. Daarom het hulle besluit om Suzy te laat “aftree”.

“Party het die ruimte vir hul eie doeleindes nodig gehad, terwyl ander hul eie stigting vir skenkings begin het, en soms het die Suzy-pop net nie by hul opgeknapte voorkoms ingepas nie,” sê Koopman.

Sy sê ook die vrywilligers wat jaarliks die geld uit die boksies gaan haal het, is dikwels aangeval sodra hulle die winkels verlaat. Die Suzy-poppe is ook beskadig en gevandaliseer vir die muntstukke in die boks.

Luidens die verklaring leef 17 miljoen mense wêreldwyd met serebrale gestremdheid. In Suid-Afrika word een uit elke 400 babas met serebrale gestremdheid gediagnoseer.

“Dit maak serebrale gestremdheid een van die mees algemene fisieke gestremdhede ter wêreld,” luidens die verklaring.

Dit maak serebrale gestremdheid een van die mees algemene fisieke gestremdhede ter wêreld.

Oor die jare heen het die geld in die Suzy-poppe gehelp om:

* 1 000 kinders toegang tot rehabilitasie-terapie soos fisio-, arbeids- en spraakterapie te gee;

* 30 kinders deur spesiale onderrig en programme op te voed. Deur dié programme het hulle intellektuele en fisieke struikelblokke oorkom;

* 57 volwassenes sonder familielede of iemand om na hulle om te sien, ’n tuiste by die Rosedon House te gee;

* 85 volwassenes met serebrale gestremdheid en ander gestremdhede te laat deelneem aan programme vir rehabilitasie by The Village Work-sentrum; en

* Volwassenes met gestremdhede te help om aan beroeps- en sosiale aktiwiteite deel te neem tydens beroepsdag-programme. Hulle kon ook nuwe vaardighede aanleer wat bydra tot hul gesondheid en welstand.

“Suzy verdwyn nou wel uit die winkels, maar sy sal steeds op die aanlyn platform aktief wees. Die WCCPA vertrou inwoners van die Wes-Kaap sal voortgaan om ons werk te ondersteun deur skenkings aan Suzy soos hulle in die verlede gedoen het.”

Meer oor:  Wes-Kaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.