Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Taalmonument vier 45ste in 2020

Die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl se 45ste verjaardag word aanstaande jaar in Februarie tydens die Afrikaanse Taalmuseum en Taalmonument se fees gevier.

Die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl. Foto: Maryke Swart

Die fees vind op 28 en 29 Februarie op die Paarlberg plaas. Daar sal musiek, ’n pretstap, ’n joga- en digkunsklas en ook vermaak vir die jongspan wees. Daar sal ook drank- en kosstalletjies by die mark beskikbaar wees.

“Die veeltalige, multikulturele program sal Afrikaans in al haar pragtige gedaantes laat pronk om sprekers en nie-sprekers met ’n unieke, gesellige gees te omarm,” lui ’n verklaring van die Taalmuseum.

Akkedis en die Heuwels Fantasties is twee van die groepe wat by die fees sal optree.

Saterdag, die “Skrikkeldag”, sal afskop met ’n “45 Minute vir Afrikaans”-pretloop waartydens deelnemers stap-stap die pragtige fynbosbedekte berghange en onbekende paadjies kan verken.

Deelnemers wat die pretloop binne 45 minute voltooi, sal ’n goue medalje kry, maar almal staan ’n kans om talle gelukstrekkings met kontantpryse te wen.

Daar sal ’n kos-, kuns- en kunsvlytmark wees, asook die “Groen en Gesond in die Groen Galery”, die buiteluggalery waar opkomende Afrikaanse skrywers se werk uitgestal word.

Vir meer besonderhede oor die 2020-feesprogram besoek hul webtuiste HIER.

Meer oor:  Paarl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.