Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Tafelberg se sweefspoor sluit in Julie vir instandhouding
Die Tafelberg-sweefspoor. Foto: Verskaf

Die Tafelberg-sweefspoor gaan vir drie weke in Julie gesluit word vir jaarlikse instandhoudingswerk.

Internasionale en ander besoekers word gevra om dit in gedagte te hou wanneer hulle hul vakansie in Kaapstad beplan.

Die sweefspoor sal van 7 tot 26 Julie gesluit wees.

Wahida Parker, besturende direkteur van die Tafelbergsweefspoormaatskappy, sê die instandhoudingswerk is belangrik om moontlike tegniese vertragings te verminder en om besoekers se veiligheid te verseker.

Die instandhoudingswerk kan luidens die verklaring nie gedoen word tydens die normale bedryf van die sweefspoor nie omdat voldoen moet word aan die Switserse beheerliggaam vir sweefspore (BAV) se standaarde en vereistes vir instandhouding en spesifikasie vir masjinerie. Die werk sluit in inspeksies, toetse en vervanging van komponente in die karretjies, die instandhouding van deurmeganismes en die diens van remstelsels in die masjinerie-kamer in die laer stasie.

Volgens Parker neem hulle die verantwoordelikheid om besoekers teen ’n hoogte van meer as 1 000 m te vervoer ernstig op en is dit een van die redes wat hulle in staat stel om besoekers te lok om een van die wêreld se nuwe sewe wonders te beleef.

Suid-Afrikaners wie se verjaardae gedurende die instandhoudingstydperk val, sal ’n gratis kaartjie kan bekom en dit kan gebruik die week voor die werk begin (30 Junie tot 6 Julie) of die week daarna (17 Julie tot 2 Augustus).

Meer oor:  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.