Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Tafelberg se sweefspoor weer oopgestel
Die Tafelberg-sweefspoor was Dinsdag tydelik weens beurtkrag gesluit. Foto: Verskaf

Die Tafelbergsweefspoor doen Woensdag weer sake nadat dit Dinsdag gesluit was weens tegniese probleme wat vermoedelik weens beurtkrag ontstaan het.

Martin Slabbert-Capper, ’n rekeningbestuurder van HWB Communications, het bevestig dat die sweefspoor weer in bedryf is.

Wahida Parker, die besturende direkteur van die Tafelbergsweefspoormaatskappy (TSM), het Maandagaand gesê besoekers was bo-op die berg gestrand toe die kabelkar se reserwekragopwekker nie tydens beurtkrag gewerk het nie.

“Ons reserwekragopwekker het ingegee, vermoedelik weens beurtkrag.”

Sy sê tegniese spanne het Maandagaand die uitwerking van fase 6-beurtkrag gemonitor om te verseker dat besoekers veilig is.

“Ons doen ons bes om seker te maak dat besoekers Tafelberg geniet, selfs onder hierdie omstandighede,” sê Parker.

Meer oor:  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.