Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Tafelberg-sweefspoor: Spring vroeg om lang rye te vermy

’n Toename in besoekers aan die Tafelberg-sweefspoor word oor die feestyd verwag en die sweefspoormaatskappy bied ’n beperkte getal kaartjies vir vroegoggendritte aan, voordat die sweefspoor vir die publiek oopgemaak word.

Die aanbod geld reeds en duur tot 15 Januarie. Dit is vir die sweefspoor se eerste rit om 07:30. Dié kaartjies kan net aanlyn gekoop word.

Besoekers aan die Tafelberg-sweefspoor kan in die feestyd aanlyn vroeë toegangskaartjies vir die eerste rit om 07:30 koop. Foto: Tafelberg-sweefspoormaatskappy

Wahida Parker, besturende direkteur van die Tafelberg-sweefspoormaatskappy, sê in ’n verklaring daar wag dié feestyd opwindende vermaak en aktiwiteite op besoekers.

Dit sluit in die platejoggie Hilton Carlse by die onderste sweefspoorstasie begelei deur die Siyabuya Marimba-orkes.

“Kersvader en feetjies gaan ook met ’n sleerit op teen die berg om besoekers se ervaring ekstra spesiaal en onvergeetlik te maak.”

’n Kabelkar van die Tafelberg-sweefspoor in Kaapstad. Foto: Tafelberg-sweefspoormaatskappy

Besoekers sal ook plaaslike produkte in die geskenkwinkel kan koop vir Kersfees. “In die gees van vrygewigheid sal daar ook 12 dae van gratis geskenke op ons sosialemediaplatforms wees,” sê Parker.

Vakansiegangers word daaraan herinner dat daar ’n groot aanvraag na parkeerplek in die piekseisoen is en hulle word aangeraai om openbare vervoer te gebruik, wat ’n gratis MyCiti-pendeldiens tussen die Kloofnek-stasie en die onderste sweefspoorstasie insluit.

Kaartjies is ook goedkoper tussen 13:00 en 16:00, wanneer die sweefspoor gewoonlik stiller is.

Gratis WiFi is beskikbaar by die boonste sweefspoorstasie en gratis oudiotoere van Tafelberg kan op selfone afgelaai word.

Daarby word gratis 30 minute lange staptoere met gidse daagliks tussen 09:00 en 15:00 aangebied.

Besoekers op Tafelberg geniet die uitsig oor die see.Foto: Tafelberg-sweefspoormaatskappy
’n Toename in besoekers aan die Tafelberg-sweefspoor word vanjaar verwag en vakansiegangers word aangeraai om openbare vervoer te gebruik weens die groot aanvraag na parkeerplek in die feestyd. Foto: Tafelberg-sweefspoormaatskappy

Studente met ’n geldige plaaslike of internasionale studentekaart kry afslag.

Parker beveel aan dat besoekers ’n klein sak met noodsaaklike items soos water, sonbrandmiddel en ’n hoed saamneem, sowel as ’n baadjie indien die weer draai.

  • Besoek tablemountain.net vir meer inligting.
Meer oor:  Besoekers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.