Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Tamaaie pampoen Goliat te swaar om te dra

Kobie Hitge (64) van Jan Cillierspark in Welkom is ’n ywerige tuinier en het nog altyd met ’n besonderse groentetuin gespog. Sy tuin bly sy plesier.

Maar toe sy suster, Petro van Schalkwyk van Kroonstad, hom verlede jaar ’n paar pampoenpitte gee om te plant, was die resultate verstommend.

Regs: Kobie Hitge (64) met Goliat, die bielie van ’n pampoen.

Doodluiters het Hitge geplant en dit het opgekom en begin rank, blom en dra.

Ses groot oranje pampoene het deur reën en sonskyn gewillig gegroei tot pampoene van tussen 17 kg en 24 kg.

“Die pampoen smaak en kook net soos enige ander pampoen, en heelwat is al gevries vir latere gebruik,” sê Hitge.

Foto: .

Aan dieselfde plant het een pampoen, liefderik genoem Goliat, alle verwagtings oortref.

Die pampoen het bly groei. Dis vir Hitge te swaar om op te tel en te gaan weeg.

Van sy stertjie tot sy stingeltjie is dié ou grote 78 cm lank, letterlik die grootste bielie nóg uit Hitge se tuin.

  • Die berig het eers in Vista verskyn.
Meer oor:  Welkom  |  Pampoen  |  Tuinier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.