Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Te koop: ’n stukkie van die Monument
Die Voortrekkermonument.Foto: MARTHINUS KOEKEMOER

Die Voortrekkermonument gaan stukkie vir stukkie “verkoop” word – om hom te red.

Die publiek sal van Dinsdag ’n stukkie van die Monument in Pretoria kan koop. Elke betaalde stukkie sal gebruik word om die struktuur virtueel “oor te bou”.

Die koper sal ’n sertifikaat ontvang, wat aandui watter deel van die gebou syne is en word daarmee ’n “ere-eienaar” van die monument.

Die Voortrekkermonument se inkomste is erg ingekort omdat toeriste dit weens Covid-19 nie mag besoek nie.

Geraldine Paulsen, die Voortrekkermonument se bemarker, het met die innoverende plan vorendag gekom. “Ek het een aand paniekerig in my bed gelê en gewonder oor die voortbestaan van die Monument,” sê sy.

“Dis toe dat ek aan die idee gedink het.”

Cecilia Kruger, besturende direkteur, sê die hele direksie was ten gunste van die idee.

Ek het een aand paniekerig in my bed gelê en gewonder oor die voortbestaan van die Monument.
Geraldine Paulsen, bemarker

“Wat ’n ongelooflike plan,” sê sy. “En eerder as wat iemand ons net geld gee, kry hulle iets vir hulle geld.

“Ons hoop om meer as R5 miljoen in te samel, wat die onkoste om die Monument tot aan die einde van die boekjaar in Februarie te bedryf, sal dek.”

Kopers kan kies watter deel van die Monument hulle wil “besit” en pryse wissel

Die marmerpanele is die duurste. Daar is 27 van hulle, wat teen R100 000 elk van die hand gesit gaan word. Die senotaaf is teen R50 000 te koop.

“Ons voorsien dat daar selfs kinders sal wees wat ’n kleiner bydrae sal wil maak,” sê Kruger. “Dis hoekom daar items vir so min as R20 elk te koop is.”

Daar is 368 trappies, elk teen R20 beskikbaar, terwyl die 60 000 granietstene waarmee die Monument gebou is elk R100 kos.

Om ’n pryslys te bekom, stuur ’n e-pos na thea@vtm.org.za of skakel 012 326 6770.

Meer oor:  Pretoria  |  Voortrekkermonument  |  Geskiedenis  |  Koop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.