Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Matriekafskeid:
Tref met ’n tikkie Spaanse flamenco

Vir Deidré Fischer was die hoogtepunt van haar matriekafskeid daardie oomblik toe sy by die motor uitklim en op die rooi tapyt loop.

Deidré Fischer se tollende rok herinner aan ’n Spaanse flamenco-danseres. Haar metgesel is Dian Fourie.
Deidré se wye romp, met treffende blomme daarop geborduur, is afgerond met ’n eenvoudige bostuk van kant.
Selfs Dian se kouse het rooi blomme opgehad. Die blomme op Deidré se rok is met die hand geborduur.

“Dit was ’n wow-oomblik en soveel dinge het deur my kop gegaan . . . ek’s amper klaar met skool, dis die aand waaroor ek al jare lank droom, ek weet ek moet elke oomblik koester, want ’n mens kry net een keer jou eie matriekafskeid.”

Dié matriekleerling aan die Hoërskool Bellville het beeldskoon gelyk in ’n uitrusting wat herinner aan ’n Spaanse flamenco-danseres s’n.

Die geblomde materiaal is by Elegance in Canal Walk aangekoop en dit het twee mense 28 ure geneem om dit op die romp te borduur.

Deidré se inspirasie vir haar rok het sy op die internet gevind. “Ons almal het mos maar ’n ‘matriekafskeid’-lêer op Pinterest.”

Die wye romp met helder rooi rose wat haar enkels omraam, is afgerond met ’n eenvoudige swart bostuk van kant wat haar midderif subtiel ontbloot. Haar rooi tossel-oorbelle het gesorg vir ’n tikkie kleur bolangs.

Selfs haar metgesel, Dian Fourie, se kouse het rooi rose opgehad.

Die geleentheid is gehou by die Eureka Estate in Durbanville en die tema was “A night at the Oscars”.

Meer oor:  Rapport Beleef  |  Matriekafskeid  |  Matrieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.