Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
#TrotsUpington wil skoon- en mooimaak

Met die mikpunt om Upington in die volgende paar maande in die skoonste dorp in die Noord-Kaap te omskep en dit so te hou, het inwoners tuingereedskap, vullissakke en verf onder die vaandel van #TrotsUpington opgeneem.

“Ons hoop om ’n positiewe en goeie kultuur te kweek, waardeur ons die verandering gaan wees wat ons wil sien. Ons wil aan ’n ingesteldheid bou wat wegbeweeg van kla, en meer doen.”

Só sê Carmen Bock, sameroeper. Sy sê daar is soveel om te doen om reg te maak, skoon te maak en mooi te maak.

Die projek het by die gedagte van “my erf, my gebied” begin, en sy moedig almal aan om sy of haar erf en die omgewing rondom hul erf en straat skoon te maak.

Carmen Bock (regs) en Soekie Joubert, ’n pensioen-trekker, aan die werk in Upington. Foto: Facebook/Upington Concerned Citizens

Bock beklemtoon dit is nie ’n teen-munisipaliteit-projek nie; die doel is eerder om met hulle hande te vat.

Sy sê ’n vaste komitee is nog nie vir #TrotsUpington verkies nie, maar dat verteenwoordiging uit alle gebiede in Upington verlang word.

#TrotsUpington het reeds etlike projekte aangepak en Bock hoop dat dié goeie werk ook na ander dorpe in die provinsie sal oorspoel.

“ ’n Mooi dorp trek besoekers en toeriste, en dit bring ’n ekonomiese inspuiting wat die Noord-Kaap broodnodig het,” sê sy.

Henk van der Merwe, ook betrokke by die projek, vertel dat hulle Saterdag ’n man gehuur het wat in agt uur ongeveer een ton sand, gras en vuilgoed verwyder het. “Om een werker vir ’n dag te huur, kos R200. Hy werk onder toesig en vermag baie. Jy kan ons help deur net een dag te borg. In ruil gee ons jou ’n skoner dorp en ’n #TrotsUpington-plakker,” sê hy.

Talle ondernemings en individue het bydraes vir dié borg-’n-werker-projek belowe.

Besoek die Facebook-blad Upington Concerned Citizens vir meer inligting en om van die projekte te sien wat reeds aangepak is.

  • Die berig het eers in die Noordkaap-Bulletin verskyn.
Meer oor:  Noord-Kaap  |  Mooimaak  |  Dorp  |  Trots
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.