Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Troue fantasties, getroud wees beter – wenner

Jana Klingenberg, ’n dosent in die departement uitgewerswese van die Universiteit van Pretoria, sê sy het nooit gedink sy sou inskryf vir Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie nie, om nie eens te praat van Januarie se wenner te wees nie.

Sy en haar man, Heinrich, ’n rekenmeester, is op 5 Januarie by Toadbury Hall in Elandsdrift getroud.

Jana en Heinrich Klingenberg op hul groot dag in Januarie.

“Ek het altyd na die bruide in Beeld gekyk om te sien waarvan ek hou, wie vir my die mooiste bruid is en of ek iemand herken.

“Nadat ons ons troufoto’s ontvang het, het ek op die ingewing van die oomblik ingeskryf.

“Dit is spesiaal om in die koerant te verskyn as deel van die kompetisie en ons weet daar is wonderlike pryse om te wen.”

Dit was ongelooflik toe hulle hoor sy het gewen, sê sy.

“Toe ons daardie Woensdag Beeld oopslaan – wat ’n verrassing! Ek was baie trots, en bly en ook so ’n bietjie skaam. Dit is ’n lekker gevoel om jou eie foto van jou spesiale dag daar te sien.”

Die Klingenbergs is nou ’n paar maande getroud en Jana voel hul verhouding het nie veel verander nie, behalwe dat hulle nou nog nader aan mekaar is.

“Om elke dag saam te leef en albei die opwindende dinge – en die daaglikse, ‘vervelige’ takies, soos kosmaak en skottelgoed was – saam te ervaar, is een van my gunstelingdinge van getroud wees.

“Dit is lekker om saam besluite te neem oor ons toekoms met die wete dat jou beste vriend vir ewig aan jou sy gaan wees.

Vra hulp van jou vriende en familie – mense wil help en jy moet net ’n bietjie die beheer oorgee!
Jana Klingenberg

“Ek het geleer dit is nie die einde van die wêreld as die huis nie nou skoon is nie en dat om ’n glasie wyn saam te drink lekkerder is as om die wasgoed te was.

“Ek het ook geleer dat om ’n belangrike besluit uit te praat waardering vir mekaar kweek.

“My troudag was fantasties, maar om getroud te wees is selfs beter!”

Haar raad aan bruide wat vanjaar nog gaan trou, is om te onthou dat die man aan wie jy trou beloof, belangriker is as die troudag self.

“Jy gaan gespanne raak oor dinge wat jy moet reël of mense wat op die nippertjie kanselleer, maar as jy onthou waarom jy trou en die toekoms waarna jy kan uitsien, sal dit jou onmiddellik kalmer maak.

“Vra hulp van jou vriende en familie – mense wil help en jy moet net ’n bietjie die beheer oorgee! Dit vat die druk van jou af en dit is vir die mense wat vir jou omgee spe­siaal om betrokke te wees by jou groot dag; dit wys ook jy vertrou hulle.

“Laastens, op jou troudag, vergeet van al die reëlings en die dit-moet-so-wees-dinge, geniet die oomblik saam met jou man en vier fees saam met familie en vriende, want dit is ’n eenkeer-in-’n-leeftyd-ervaring wat te vinnig verbygaan.”

  • Maart- en April-bruide kan nou hul inskrywings stuur na bruide@media24.com. Inskrywings vir Maart sluit op 6 Junie.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.