Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Tuisonderrig: Selfs die Hollywood-sterre sukkel

Voel dit, met jou spruite by die huis wat jy tuis moet probeer onderrig tussen jou gewone en huiswerk deur, of jou “pierinkie melk kantel”, soos my oorlede Ouma altyd gesê het? Jy is nié alleen nie. Selfs glanspersoonlikhede sukkel. Die inperking in talle lande het hulle ook gedwing om hul kinders tuis te help met skoolwerk. Die resultate is skreeusnaaks.

Kristen Bell lyk of die situasie haar op die oomblik bietjie oorweldig.

Aktrise Kristen Bell (39), bekend vir haar rolle in Veronica Mars, Bad Moms en The Good Place, het ’n foto op Instagram met haar 14,3 miljoen volgelinge gedeel waarin jy duidelik kan sien dit kry haar ook ’n bietjie onder. Kristen sê by dié foto eenvoudig “tuisonderrig gaan oukei”. Op die foto is haar en die akteur Dax Shepard se kinders, Delta en Lincoln, én die gesinshond besig om oor haar te klouter. Sy lyk heel moedeloos.

Eva Mendes se gewoonlik perfek-gegrimeerde gesig is deur haar twee dogters bekrap.

Selfs Eva Mendes (46), vir wie jy gewoonlik nie sommer sien sonder perfekte hare, grimering en ’n pragtige uitrusting nie, het ’n foto gedeel waar haar gesig met wie weet wat vol bekrap is deur haar en Ryan Gosling se twee dogters, Esmeralda en Amada. Sy skryf “hulle het gewen” by die foto. Shonda Rhimes (50), die skepper en skrywer van die gewilde Grey’s Anatomy en wie se produksiemaatskappy, Shondaland, onder meer ook Scandal vervaardig het, het almal laat lag toe sy getwiet het: “Ek onderrig al vir een uur en 11 minute ’n ses- en ’n agtjarige. Onderwysers moet ’n miljard dollar per jaar verdien. Of per week.” Byna 700 000 mense het van dié Twiet gehou.

Lilly, die akteur Max Greenfield se spruit, voel vere vir die stoel wat hy gekoop het om haar rug goed te ondersteun.

Max Greenfield (39), die akteur wat Schmidt in die New Girl-reeks vertolk, het ook ’n snaakse foto van hom en sy 11-jarige dogter Lilly gedeel. Hy skryf by die foto: “Ons (my vrou) het hierdie stoele gekoop met die spesifieke doel in gedagte om vir Lilly gemaklike ondersteuning vir haar rug te bied sodat sy kan regop sit en konsentreer op haar werk #homeschool.” Alleen gesien is sy woorde nie snaaks nie, maar op die foto raak die ironie duidelik: Lilly lê onderstebo en jy kan net haar bene en voete sien wat bo die tafel uitsteek.

So, jy is nie alleen nie en bekendes kry darem nie áltyd voorkeurbehandeling nie. – Landi Slatter

Meer oor:  Kristen Bell  |  Eva Mendes  |  Tuisonderrig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.