Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Tukkies-student sportheld én model
Danielle van Zyl ten tyde van ’n internasionale supermodelkompetisie in Thailand. Foto: Verskaf
Danielle van Zyl is nie net ’n ster op die netbalbaan nie, maar ook met modelwerk. Foto: Facebook

’n Jong netbalster van die Universiteit van Pretoria het die afgelope naweek gewys dat sy oor vele talente beskik toe sy ’n tweede plek behaal het in die Supermodel International Competition wat in Chiang Mai, Thailand, gehou is.

Danielle van Zyl het verlede jaar ook die Proteas se o.21-netbalspan verteenwoordig en droom boonop om eendag ’n neurosielkundige te word.

Haar toekomsplanne is selfs meer ambisieus: sy sal graag eendag ook vir die Proteas wil speel een ook as ’n finalis wil deelneem in die Mej. Suid-Afrika-kompetisie, skryf Wilhelm de Swardt op die Universiteit van Pretoria se webblad.

“My grootse prioriteit is egter my studies, en dan netbal. Om ’n model te wees is meer van ’n stokperdjie, al het dit my lewe ten goede verander.”

Volgens haar is selfvertroue die belangrikste eienskap in modelwerk: “Jy moet enige produk kan verkoop terwyl die kameras op jou gerig is.”

Sy sê die geleentheid om aan ’n internasionale kompetisie deel te neem is ’n ervaring wat sy nooit sal vergeet nie.

“Thailand se mense is wonderlik. Hulle is baie nederig, en wat my die meeste verbaas het, is hoeveel respek hulle vir ander mense toon. Om die ander kandidate te ontmoet en meer te leer van hul kulture is ook iets wat ek vir altyd sal koester. Ons het mekaar heeltyd ondersteun.”

Van Zyl sê sy sal nooit ’n keuse tussen netbal en modelwerk wil maak nie.

“Ek het nog altyd van albei gehou. Ek moet net die balans handhaaf omdat ek nie te veel spiermassa kan opbou nie.”

Haar volgende groot uitdaging is om in topvorm te kom om vir die Jaguars, wat sy die afgelope twee jaar verteenwoordig het, netbal te speel in die Telkom- nasionale reeks.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.