Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
TV-advertensie lóóp op Twitter

’n Kaapstadse televisieadvertensie is een van die video’s wat met sokker verband hou wat die afgelope drie weke wêreldwyd die meeste gedeel is.

Die “Keep Rolling”-advertensie is deur Ogilvy Kaapstad vir KFC Afrika geskep.

’n Advertensie wat in Kaapstad gemaak is, laat die sokkerwêreld rol van die lag. Foto: Ogilvy

In die advertensie neem ’n fiktiewe sokkerspeler genaamd Herbz ’n oordrewe duik gedurende ’n wedstryd in die Athlone-stadion en rol dan uit die stadion deur verskeie plaaslike, komiese scenario’s, totdat hy by die KFC kom. Hy is dan skielik genees van sy besering en lus vir ’n Streetwise-ete.

“Elke keer as ’n bekende speler duik en rol van die pyn op televisie, gaan Twitter oor die wêreld heen mal en deel die advertensie,” sê Alex Goldberg van Ogilvy in ’n verklaring.

Twitter-gebruikers skryf dan spottenderwys daarby, “die herhaling van die voorval”, sê hy.

Safaraaz Sindhi, ook van Ogilvy, glo “Keep Rolling” is “ ’n komiese aanslag op iets waarvan almal praat, wat op die een of ander manier snaakser raak hoe langer die video duur”.

Meer oor:  Kfc  |  Ogilvy  |  Advertensie  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.