Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Tweeling vier 90ste verjaardag

’n Tweeling wat op 11 Februarie 1931 in hul ouerhuis in Kuruman gebore is, het verlede week hul 90ste verjaardag gevier.

Hoewel Frikkie van Kradenburg en Matty Viljoen nie op dié dag bymekaar kon wees nie, het herinnerings van sorgvrye en gelukkige kinderdae hulle gebind en hulle het, soos gebruiklik, mekaar vroegoggend reeds gebel.

Matty en Frikkie van Kradenburg in hul kinderdae. Hulle is op 11 Februarie 1931 in Kuruman gebore. Foto’s: Verskaf

Frikkie en sy vrou, Bettie, bly in ’n aftree-oord in Kuruman en Matty in ’n woonstelletjie by haar oudste seun, Dawie, in Bloemfontein.

Frikkie het ná skool by onder meer die munisipaliteit gewerk en tussendeur geboer. Hy en sy gesin het al die jare in Kuruman en omgewing gebly. Daar is twee kinders – Frikkie, wat in Potchefstroom bly, en Elsa Fourie, wat in Kathu bly – en vier kleinseuns en ’n agterkleinseun.

Matty Viljoen saam met haar tweelingkleinkinders, Dawie en Anika Viljoen (27), op haar 90ste verjaardag op 11 Februarie.

Ná skool was Matty sekretaresse by verskeie ondernemings en sy is met die polisieman sers. Piet Viljoen getroud. Hulle het onder meer in Excelsior, Ladybrand, Winburg, Potgietersrus en Christiana gebly en later op ’n plaas in die Hertzogville-omgewing.

Matty en Piet het twee seuns, Dawie en Kobus, en ’n dogter, Esta Joubert van Bloemfontein. Kobus is in 2009 dood en Piet in 2010.

Matty spog met agt kleinkinders en twee agterkleinkinders.

  • Albei sê dit is slegs deur God se genade dat hulle dié hoë ouderdom kon bereik.Die berig het eers in NoordkaapBulletin verskyn.
Frikkie van Kradenburg op sy 90ste verjaardag verlede Donderdag saam met sy vrou, Bettie.
Meer oor:  Kuruman  |  Tweeling  |  Verjaarsdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.