Tydens hierdie tydperk van totale inperking, kan jy steeds jou gunsteling-tydskrif digitaal by die huis lees.
Die lys van tydskrifte wat op Netwerk24 beskikbaar is as deel van jou intekening:
- Huisgenoot
- Sarie
- Kuier
- Tuis
- Weg
- Weg Ry & Sleep
- Landbouweekblad
- Baba & Kleuter
- Finweek
- TV Plus
Maak só:
1. Klik, soos gewoonlik, op "E-publikasies" op jou rekenaar of nou ook gerieflik binne jou Netwerk24-app, en jy sal outomaties na die nuwe e-leser herlei word.
Tablet-lesers: Gaan direk na www.netwerk24.com en klik E-publikasies op die navigasie soos hier onder gewys.
* OP JOU REKENAAR EN TABLET
* IN JOU NETWERK24-APP OP JOU SLIMFOON
2. Klik "Tydskrifte" om Huisgenoot, Sarie, Kuier, Tuis, Baba & Kleuter, Landbouweekblad, Weg, Weg Ry & Sleep en Finweek te lees.
Op jou rekenaar lyk die biblioteek met tydskrifte nou só:
In jou jongste Netwerk24-app-weergawe lyk jou biblioteke nou só:
3. Wanneer jy op 'n uitgawe klik om te begin lees, sal jy stap vir stap verduidelik word hoe om die nuwe funksionaliteite te gebruik.
4. Noudat jy weet hoe om jou nuwe e-leser te gebruik, klik op "Lees" om te begin.
5. As jy na 'n spesifieke bladsy wil gaan, klik op "Bladsye" in die linkerkantste hoek onder en navigeer na die spesifieke bladsy.
6. Op jou foon sal jy al hierdie funksies op die "hamburger"-navigasie regs bo aantref (drie strepies ondermekaar regs bo).
NOG FUNKSIES
* Vergroot: Jy kan die teks nou soveel groter maak.
* Argief: Klik op Vorige Uitgawes om na die argief te gaan en vorige uitgawes te lees.
* Soekfunksie: Soek jy 'n spesifieke artikel, inligting oor 'n onderwerp of 'n lekker resep? Jy kan nou vir die eerste keer binne ons e-leser met 'n soekterm 'n enkele uitgawe of alle uitgawes van 'n spesifieke publikasies deursoek.
* Lees later: Jy kan volle uitgawes of slegs enkele bladsye bêre om later te lees of vir as jy iets later weer wil oproep.
LAAI DIE JONGSTE APP OP JOU SLIMFOON AF
Kry die jongste weergawe in die Google Play- of App Store-winkels.
INTERNETTOEGANG
Jy het internettoegang nodig om e-publikasies te lees. As jy jou datakoste wil bestuur, lees eerder jou e-publikasies terwyl jy aan Wi-Fi gekoppel is.
WIE KAN WAT LEES?
Tydens jou 30-dag-toetstydperk kan jy slegs e-koerante lees. Slegs intekenare kan e-tydskrifte óók lees.
HAAK JY VAS?
Kontak die dienssentrum by:
Tel: 087 353 1300
Stuur 'n e-pos aan: diens@netwerk24.com
DIENSSENTRUMTYE:
07:00 tot 16:30 op weeksdae
07:00 tot 11:00 op Saterdae en Sondae