Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Universitas gee pasiëntjies ’n vroeë Kerspartytjie

Almal is mal oor Kersfees, maar vir die kindertjies in die Universitas-hospitaal in Bloemfontein was die vroeë Kerspartytjie iets baie besonders.

’n Kerspartytjie word al die afgelope vyf jaar vir die pasiëntjies en hul ouers in dié hospitaal gehou.

Die kinderpasiënte in die Universitas-hospitaal is Woensdag met ’n Kerspartytjie in die hospitaal bederf. Foto: Mlungisi Louw

“Ek voel tuis hier terwyl ek nou ’n swaar storm deurgaan,” sê Amanda Hendricks (38) van Upington. Haar driejarige seun, Noah, ly van geboorte af aan atresie van die slukderm, wat deur ’n obstruksie van die slukderm gekenmerk word.

Ongelukkig kan nie al die kinders die Kerstyd saam met hul gesinne by die huis deurbring nie. Die hospitaal se personeel doen dus alles in hul vermoë om die Kerstyd vir die kinders so gerieflik as moontlik te maak, sê Joanne Ranyane, wat die partytjie gehelp reël het.

Die kinders is ook bederf met motorfietsryers wat ’n draai kom maak het.

Leonie Booysen, eienaar van ’n kafeteria in die hospitaal, haar personeel, asook die hospitaalpersoneel en Ranyane het gehelp dat die kinders die partytjie ongeag hul omstandighede geniet. “Kersfees is ’n tyd van gee. Ek en die personeel wil soveel moontlik aan die kinders hier gee. As hulle nie vir Kersfees huis toe kan gaan nie, bring ons Kersfees na hulle toe.”

Die kinders se gemoed het opgehelder toe die Kersliggies begin flikker en Kersvader sy verskyning gemaak en geskenkies uitgedeel het.

Kinderpasiënte in die Universitas-hospitaal in Bloemfontein is Woensdag met ’n vroeë Kersfees verras. Foto: Mlungisi Louw

Audriss Mbofana, ma van Mulnus Mulumba (3), wat aan sekelselsiekte ly, het gesê die partytjie gee hulle hoop in ’n tyd van swaarkry.

Klein Mulnus se siekte is soms so erg dat sy maag opswel en hy nie kan beweeg of loop nie.

Ongeag groot drome om in die res van Suid-Afrika te reis, is Ntsoaki Mohlabang altyd aan haar seun, Thabang (10), se sy. Sy is oorspronklik van Zimbabwe, maar haar kind se gesondheid is vir haar die belangrikste.

“Ongeag die swaarkry het die hospitaal en die personeel in die Kerstyd vir ons hoop gebring. Dit is die grootste geskenk waarvoor ’n ma kan vra.”

Meer oor:  Upington  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.