Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Van selfbewus na liggaamsbou, tydskrifvoorblad

Voordat sy verlede jaar aan liggaamsboukompetisies begin deelneem het, was sy nog nooit in ’n bikini nie. Nou pryk Yvette Ferreira (29) in ’n tweestuk op die voorblad van Fitness Magazine se November-Desember-uitgawe.

Dié Bloemfonteiner is vanjaar onder die drie finaliste in die USN Face of Fitness-kompetisie.

Fitness Magazine het daarom vandeesmaand drie verskillende voorblaaie. Die ander twee finaliste is Farai Gomwe, oorspronklik van Zimbabwe, en Logan Leigh, albei van Johannesburg.

Ferreira, wat enkele dae voor die kompetisie se sluitingsdatum ingeskryf het, sê dit is nie ’n skoonheidskompetisie nie.

“Dit gaan daaroor dat jy die beeld van ’n gesonde leefstyl uitdra en fiks en gesond is,” sê Ferreira.

Die liggaamsbougogga het Ferreira verlede jaar gebyt nadat sy aan haar eerste kompetisie deelgeneem en derde geëindig het in die bikini-afdeling vir langer vroue. Dieselfde jaar het sy tot by die nasionale ronde van die Nasionale Amateur-liggaamsbouvereniging (Nabba) en Wêreldfiksheidsfederasie (WFF) se liggaamsboukompetisie deurgedring. Dít sonder enige hulp.

Toe sy nie by dié nasionale kompetisie goed op die ranglys vaar nie, het sy einde 2017 by die aanlyn afrigter Riaan Dohne van Rishape Fitness aangesluit.

WWF het haar vanjaar in Mei as ’n professionele liggaamsbouer geklassifiseer nadat sy die eerste plek in haar afdeling by die Nabba/WFF Pretoria Classic behaal het.

Ferreira sal Suid-Afrika volgende jaar by die WFF se internasionale kampioenskap verteenwoordig.

“Hierdie leefstyl leer jou selfdissipline en respek. Dit maak jou nie net fisies sterk nie, maar ook emosioneel sterk.”

Ferreira sê haar selfvertroue het aansienlik toegeneem sedert sy in liggaamsboukompetisies begin meeding het.

Sy was oor die jare heen selfbewus, veral oor haar rekmerke, en het in eenstukswembroeke of “ ’n hempie” geswem.

“Jou liggaam verander. Ek dink dis hoekom hulle dit body building noem, want jy bou jou liggaam.”

Van die bevrediging in liggaamsboukompetisies lê vir haar daarin om vir mense te wys: “Hierdie is my harde werk.”

“Ek het ’n professionele atleet geword, sonder om steroïede te gebruik,” sê Ferreira oor dié stigma in die bedryf.

Wanneer sy op die verhoog is, is die wete dat sy daagliks hard vir daardie oomblik gewerk het, lekker, sê sy.

Sy meen vroue moet nie bang wees om met gewigte te werk nie.

“Hoe meer spiermassa jy het, hoe sterker is jy. Dis net tot jou voordeel.”

Hoewel sy heelwat strenger na haar oefenprogram en eetgewoontes moet kyk wanneer sy vir kompetisies voorberei, is dit nie so ’n groot aanpassing van haar alledaagse leefwyse nie.

Vir Ferreira kom ’n leefstyl van gesond eet en oefening al natuurlik.

“Ek oefen sewe dae ’n week, nie omdat ek moet nie, omdat dit vir my lekker is.”

Die twee ure per dag wat sy in die gimnasium sweet, is hoe sy ontspan.

Ferreira glo die kos wat sy inneem, is ’n vorm van selfrespek en sê ook sy sal nie iets eet as sy dit nie geniet nie.

Sy laat haarself toe om te eet wat sy wil – wanneer sy nie vir ’n kompetisie voorberei nie – selfs oliebolle en pizza is nie uit nie. Solank haar kalorie-inname per dag tans nie 1 600 kalorieë oorskry nie.

“ ’n Mens moet balans hê. Ek dink as jy die heeltyd net ’n slaaitjie en ’n hoendertjie eet, gaan jy een of ander tyd jou kop verloor.”

View this post on Instagram

Just like negative thoughts can control your mind so can positive thoughts!! I am a firm believer that success is a choice. Nobody has it easy - everyone faces struggles.. It’s how you choose to see them and how you choose to face these struggles that makes a difference. Wake up today & be thankful for all the positive things in your life... and those struggles? They are here to make you STRONGER. Remember God will not put you through something he cannot get you through. I’ve doubted myself and my abilities so much lately - I’ve asked myself why me? Why am I deserving of such a great experience? My coach reminded me that people believe in you and your vision, that is why you are here - so stop doubting your power and abilities and start believing in yourself again. So this is a reminder to myself - today I choose to believe in myself and my abilities. ?? I am so excited to be part of this amazing team ?? We grow through what we go through. Happy #Sunday #Fitfam #TeamUSN #USNFaceofFitness2018 #fitnessmagazine #beunstoppable #cleaneating #fitspo #USN #Fitness #fitnessmodel #bikiniathlete #strongwomen #womenwholift #fitnessmotivation #browsonfleek #bossbabe #igfit #igfitness FitGlam Team: @fitnessmagsa @usnsa @fusion_labs_online @trifocusfitnessacademy @fitbit @fairwayhotelandspa Clothing/Styling: @boostgymwear @rene_ultimateglamour Photographer: @sean.levitt.photographer Hair: @nudohairlab_pta @Charika_nudo_hair_lab Makeup: @maccosmeticsafrica @sipsonbrushes @pascalkels_

A post shared by Yvette Ferreira WFF Bikini Pro (@yvetteferreira_wffpro) on

Die wenner van die USN Face of Fitness-kompetisie word op 10 Desember aangekondig.

* Ferreira lei tans winkelpersoneel op.

Sy het ’n BA-graad in mediastudies aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) verwerf. Sy doen tans ’n deeltydse kursus in voeding, waar haar passie lê, deur Trifocus Fitness Academy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.