Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Veeartsenystudente laat klere waai om boere te help

’N Groep veeartsenystudente aan die Universiteit van Pretoria (UP) het ’n kalender met naakfoto’s vir 2019 uitgegee om geld in te samel vir droogtehulp.

Veeartsenystudente van die Universiteit van Pretoria het pas hul naak-kalender uitgegee. Hulle hoop om met hierdie inisiatief R45 000 vir droogtehulp in te samel. Die studente se name mag nie gepubliseer word nie en die inisiatief word deur hulself bestuur, nie deur die universiteit nie.

“Naak-kalenders het al ’n tradisie vir veeartsenystudente geword,” sê Teagan-Leigh Scholtz, ’n derdejaarstudent en voorsitter van die komitee wat die kalender uitgee.

“ ’n Kalender is iets wat ’n mens jaarliks moet aanskaf en almal het een nodig. Ons kalender is ongewoon en uniek.”

Volgens Scholtz is daar oor die wêreld heen veeartsenystudente wat naak-kalenders uitgee. Die inisiatief gaan altyd hand aan hand met ’n fondsinsameling vir ’n welsynorganisasie.

Die idee vir hierdie soort kalender het 11 jaar gelede die eerste keer in Suid-Afrika posgevat en het intussen ’n jaarlikse instelling geword.

“Ons het vanjaar op ’n watertema besluit juis omdat baie dele van ons land gereeld droogtes ondervind,” sê Scholtz. “Die foto’s is op ’n klomp plekke geneem. Ons was op verskeie plase, by damme en in mense se baddens – van Onderstepoort tot in Krugersdorp.”

Die komiteelede is elk verantwoordelik vir ’n maand. Hulle moet ’n tema kies en alles vir hul maand beplan. Die “modelle” en fotograwe is almal UP-studente. Alle veeartsenystudente word uitgenooi om deel te neem. Vanjaar was daar omtrent uit alle jaargroepe van studente vrywilligers wat in die kalender verskyn.

“Die grootste uitdaging om die kalender gedoen te kry was beslis tyd,” sê Scholtz.

“Ons is almal in verskillende jare en het verskillende toetsroosters, wat dit regtig moeilik maak om op ’n dag te besluit vir die fotosessies.

“Ek dink die studente het ’n passie vir ons land en diere en het so die eindproduk baie spesiaal gemaak. Ons het reeds ’n klomp kalenders verkoop en met ’n borg se hulp, sal ons graag nog ’n klomp wil laat druk.”

Die kalender kan teen R100 bestel word. Daar is ook ’n A2-jaarbeplanner vir R40 te koop.

Die studente hoop om R45 000 in te samel.

Om ’n bestelling te plaas, stuur e-pos na veterinarynakedcalender@gmail.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.