Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Veiligheidsmense help nou kos aflewer
Een van die voertuie waarmee die inkopies afgelewer word.
Inkopies word by Pick n Pay opgetel, gereed om afgelewer te word

Charl Jacobs, uitvoerende hoof van ’n gewapendereaksie-eenheid in die noordelike voorstede van Kaapstad, het Saterdag begin om inkopies vir mense ouer as 65 by die winkel te gaan haal en vir hulle af te lewer.

Iemand se inkopies wat deur die eenheid afgelewer is.
Inkopies wat verpak is en gereed is om aan die eienaars oorhandig te word.

Hulle het met dié gratis diens begin om die mense wat meer kwesbaar is in dié tye te help en te beskerm. Vier voertuie is toegewys om te verseker dat alles glad verloop.

“Ons maak ook seker dat ons te alle tye by die maatreëls hou en dit gehoorsaam” sê Jacobs.

Hulle het die nodige dokumente om te bewys dat hulle tydens die staat van inperking wel kan rondry.

“Ons is ook 'n noodsaaklike diens,” sê hy.

Sedert hulle Saterdag begin het, het hulle net gegroei en gegroei.

“Ons het Saterdag en Sondag sowat 40 aflewerings gedoen en die vraag na die diens sal toeneem namate meer mense daarvan bewus raak.”

Jacobs sê die aflewerings is gratis en die geld wat die winkel vir die aflewering sou vra, word gespaar en sal later aan ’n welsynsorganisasie geskenk word.

“In dié stadium het ons genoeg mense en voertuie om almal te help.”

Meer oor:  Bejaardes  |  Koronavirus  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.