Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Veldtog wil mans met alle liggaamsvorms vier

’n Hotelgroep in Kaapstad is as deel van die #PlusIsEqual-veldtog na plusgrootte-mansmodelle vir die eerste plusgrootte-modevertoning in Suid-Afrika op soek.

Die #PlusIsEqual-veldtog vier mans met alle liggaamsvorms. Foto: Aaron Polikoff

Volgens Leonie Andereya van die Radisson RED Hotel in die V&A Waterfront wil hulle mans met alle liggaamsvorms met hierdie modevertoning vier.

“Hoewel dit gewoonlik oor vroue gaan, wil ons mense daaraan herinner dat mans ook deel hiervan is,” sê Andereya.

TJ Ngoma, akteur, aktivis en woordvoerder van die #PlusIsEqual-veldtog, sê dat sigbaarheid en verteenwoordiging die enigste manier is om ware en langdurige verandering teweeg te bring.

“Ek wil mense op advertensieborde en op die loopplank sien wat soos ek lyk. Ek hoop om Suid-Afrikaners te inspireer sodat hulle kan besef dat die manlike liggaam in al sy vorms gevier moet word.”

Candice Manuel, Suid-Afrikaanse plusgrootte-aktivis en stigter van Embrace Your Curves, wys daarop dat mans net so selfbewus en onseker oor hul lywe is soos vroue, maar dat dit nie iets is waaroor die samelewing praat nie.

“Ons sien daar is meer bewustheid in die bedryf en dat al hoe meer vroue hul liggame aanvaar. Ongelukkig is dit nie die geval vir groter mans nie. Die #PlusIsEqual-veldtog stel mans in staat om standpunt in te neem dat hulle hou van hoe hulle lyk. Dit is tyd dat mans ook skitter,” sê sy.

Volgens die hotel se Facebook-blad gaan hy op 9 November ’n model-soektog as deel van die veldtog hou.

Voornemende modelle vir die #PlusIsEqual-veldtog. Foto: Aaron Polikoff
Voornemende modelle vir die #PlusIsEqual-veldtog. Foto: Aaron Polikoff

Meer oor:  Kaapstad  |  Liggaamsvorms  |  Modelle  |  Mans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.