Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Verloofdes kan droomtroue wen

Verloofde paartjies kan steeds inskryf vir die Wedding Hub-skattejag van 2020.

’n Sprokiestroue is een van die vele pryse op die spel vir die wenners. En Wedding Hub SA is kenners op die gebied van troues.

Enige verloofde paartjie begeer ’n droomtroue. Julle kan een wen! Besoek www.weddinghub-sa.co.za vir al die inligting.

“Met ’n interaktiewe boekie, aanlyn platform en eksklusiewe geleenthede, voorsien Wedding Hub SA jou met alles wat jy gaan benodig om jou droomtroue ’n werklikheid te maak,” sê Anzel Meintjes van Wedding Hub SA.

Meintjes sê Wedding Hub SA streef daarna om te verseker dat die beplanning van ’n troudag vir paartjies pret is en nie slapelose nagte tot gevolg het nie.

“Ons nuwe webtuiste is nou beskikbaar waar jy betroubare en uitgesoekte verskaffers en venues kan vind. Ons is ook baie opgewonde oor die nuwe funksies daarop, wat ’n groot bederf is.”

Die bederf waarna Meintjes verwys, is ’n gratis beplanningsplatform vir troues waar verloofdes al die administrasie van ’n troudag kan bestuur. Die platform dek van die gastelys en uitnodigings tot die begroting en beplanning.

Tegnologie word ook ingespan om die skattejag moontlik te maak.

Wedding Hub SA bied die skattejag in samewerking met Diep in die Berg, Beeld en Pretoria FM aan. Dit begin amptelik op 7 November.

Meintjes sê deelnemers sal aandagtig na Pretoria FM moet luister vir leidrade en Beeld Dinsdae, Vrydae en Saterdae moet koop vir legkaartstukke.

Benewens ’n troue, sal die wenpaartjie se romantiese wittebrood ook geborg word.

Vir meer inligting en om vir die skattejag te registreer, besoek www.weddinghub-sa.co.za of stuur ’n e-pos aan info@weddinghub-sa.co.za.

Meer oor:  Kompetisie  |  Troue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.