Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Verwag ‘hele paar verrassings’ op Kersfees-skouspel

Die lied “Halleluja” as ’n duet deur die Belgiese sangeres Dana Winner en Katlego Maboe, Suid-Afrikaanse sanger en TV-aanbieder, is van die sangitems wat wag op die Kersfees-skouspel, wat volgende Sondag in Pretoria gehou word.

Dana Winner

“Daar is verskeie duette, lekker groepliedjies en ek wil nie te veel uitlap nie, maar daar is ’n hele paar verrassings vir toeskouers,” sê Jaconell Mouton, musiekregisseur van die vertoning.

Lefra Produksies, wat die konsert aanbied, het ook heelwat pryse vir kaartjie­houers en Beeld-lesers beskikbaar gestel. Dit sluit die bywoning van die geleentheid ná afloop van die konsert saam met die kunstenaars in.

Die eerste kompetisie begin reeds môre in Beeld.

Van die meer as 18 kunstenaars wat op die verhoog gaan wees by die Sun Arena in Time Square in Menlyn, sluit in Amanda Strydom, wat in ’n duet saam met Brendan Peyper optree, Jannie Moolman, Anna Davel, Helena Hettema, Louis Loock, Helene Bester en die Broers.

Kaartjies vir die Kersfees-skouspel is by Computicket beskikbaar.

Amanda Strydom
Brendan Peyper
Katlego Maboe

Meer oor:  Katlego Maboe  |  Dana Winner  |  Kersfees-Skouspel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.