Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
VIDEO: KFC vind verliefdes ná vinger-lek-lekker verlowing

Die verlowing is sommer vinger-lek-lekker!

’n Man het in die KFC op sy een knie neergesak, ’n ring uit sy sak gehaal en sy meisie gevra om met hom te trou.

Die toneel, wat vermoedelik in ’n KFC-tak iewers in die Vaaldriehoek afgespeel het, het die bekende hoenderkitskosgroep genoop om dié verliefde kuikens te soek.

KFC Suid-Afrika het Donderdag ’n pleidooi op sy amptelike Twitterblad geplaas waarin hy Suid-Afrikaners vra om hom te help om dié “pragtige paartjie” op te spoor.

“Mzansi, help ons asseblief om hierdie pragtige paartjie oop te spoor, ons wil ’n blesser wees. Stuur vir ons ’n private boodskap as jy ’n leidraad het, daar mag dalk vir jou ook ’n vinger-lek-lekker goeie verrassing wees. Vaal-mense, help ons. Ons is lief vir liefde,” lui die inskrywing met ’n video van die man wat die ja-woord vra daarby.

KFC het Vrydagoggend omstreeks 11:15 op Twitter aangekondig dat hy die "pragtige paartjie" opgespoor het.

"Suid-Afrika, julle ouens is fantasties! Ons het die pragtige paartjie gekry en dit lyk asof ons 'n Streetwise-troue gaan hê, julle! Ons gaan vir Bhut Hector en sy lieflike bruid, Nonhlanhla, ontmoet en sal julle op hoogte hou."

Minstens 1 400 mense het binne minute aangedui dat hulle van KFC se inskrywing hou.

In die video staan die paartjie se maaltyd vergete op die tafel, terwyl die man die ring aan die vrou se vinger sit, onder luide gejuig van die mense wat hul oomblik aanskou.

Dié video het vinniger as wat ’n hoender oor die pad kan stap, op sosiale media versprei en is reeds 300 000 keer gekyk.

Twitter-gebruikers het onderaan die video kommentaar gelewer oor hoe mooi die video is en hoe bly hulle vir die paartjie is.

Die video is so gewild op sosiale media dat Pick n Pay en Krieket Suid-Afrika ook betrokke geraak het en Suid-Afrikaners genoop het om die paartjie te help soek.

Meer oor:  Vaaldriehoek  |  Kfc  |  Verloofdes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.