Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Video van jong bokser wat verloor ‘vier’, inspireer

’n Video van ’n 15-jarige bokser van Kaapstad wat sy laaste boksgeveg met ’n oorwinningsdans vier, het die afgelope twee dae op sosiale media laat gons.

Jasper Zoutendyk (15) by sy spanmaats.

Wat die video so anders maak is dat die bokser, Jasper Zoutendyk, die geveg verloor het. Maar in stede daarvan om in sak en as te gaan sit, het die jong bokser sy “verloor” met sang en dans met sy spanmaats gevier.

Jasper se pa, Sebastian Zoutendyk, het die video op sy Facebookblad geplaas en dit is kort daarna wyd en syd gedeel.

Volgens Zoutendyk het Jasper vanaf twee tot agt Oktober aan die SA Junior- en Jeugbokskampioenskap in Limpopo deelgeneem.

“As die enigste wit seun in die Wes-Kaapse span kon ek sien dat die singery en dansery in die pawiljoen bo sy vuurmaakplek was.” Zoutendyk sê die liedjies en dansery is ’n integrale deel van die bokstoernooie.

“ ’n Week later het Jasper die woorde en van die danspassies geleer.”

Zoutendyk sê die video is geneem ná Jasper se laaste geveg in die middelgewig-afdeling.

“ ’n Mens sal vergewe word as jy dink dat hy gewen het, maar hy het verloor.” Dit was die laaste geveg in daardie afdeling. Dit wys jou net dat ’n oorwinning nie alles is nie. Dit gaan oor ’n gemene doel en ’n span.”

Zoutendyk sê Jasper boks reeds die afgelope vyf jaar.

Hy sê omdat boks nie ’n hoofstroom sport by skole is nie, gaan hulle baie townships toe waar die meeste van die toernooie plaasvind.

Jasper Zoutendyk word deur sy afrigters ondersteun en voorberei kort voor sy geveg.

Jasper het die Suid-Afrikaanse Weltergewigtitel vroeër vanjaar in Glencoe, KwaZulu-Natal gewen. Sy pa het gesê dit is hier waar hy vir die eerste keer gesien het hoe ’n groot rol sang en dans by die toernooie speel.

Volgens Zoutendyk het elke provinsie sy eie liedjies en slaan die boksers hul handskoene saam om die ritme te kry.

“Hy het na die tyd vir my gesê ’n verloor is ’n les en hy was net bly en verheug dat hy deel kon wees van so ’n spesiale span.”

Die hele arena het die groep boksers van die Wes-Kaap dopgehou en aangemoedig, sê Zoutendyk.

Meer oor:  Jasper Zoutendyk  |  Kaapstad  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.