Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Vier die lente met begeleide toere in Kaapstad

Om die lente te vier, word mense genooi om deel te neem aan die gratis begeleide staptoere in van die Kaapse munisipale reservate.

Pragtige lenteblomme kan oral om Kaapstad gesien word. Foto: Jaco Marais
Die lente is hier met ’n asemrowende blommeskou langs die kus by Bloubergstrand. Foto: Jaco Marais

Die munisipaliteit bied in September en Oktober begeleide toere aan by vier reservate.

Marian Nieuwoudt, burgemeesterskomiteelid vir ruimtelike beplanning en die omgewing, sê in ’n verklaring as inwoners kyk ’n mens soms die natuur mis.

“Ons woon en werk so naby aan die reservate en bewaringsgebiede, maar ons maak nie tyd om dit te besoek nie.”

Sy het inwoners en besoekers aangemoedig om aan die begeleide staptoere deel te neem en vir ouers gesê dit is ’n goeie geleentheid om hul kinders bloot te stel aan nuwe ervarings.

“Dit is tyd vir almal om hul stapskoene en kameras te gryp en om naby die beeldskone natuur te kom.”

Sien die onderstaande tabel vir die inligting oor waar en wanneer die begeleide toere gehou word.

Die begeleide staptoere van die Kaapse munisipaliteit. Foto: CoCT

Meer oor:  Kaapstad  |  Staproete  |  Buite  |  Stap  |  Lente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.