Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Vier só die dag van liefde

Met soveel aanbiedinge vir Valentynsdag het jy geen verskoning om nié die liefde van jou lewe te bederf nie.

Waarom blomme koop as jy eerder rosé kan kry?

Darling Cellar

Bederf daardie spesiale persoon vir Valentynsdag met ’n bottel Pyjama Bush Rosé van Darling Cellars.

Die wyn is genoem na ’n pienk veldblommetjie (Pyjama Bush) wat in die Darling-area groei.

Dit is ’n versnit van sauvignon blanc en grenache en spog met ’n sagte granaatpienk kleur en heerlike bessiegeure op die neus – beslis nie soet nie.

  • Gaan na Darling Cellars se Facebook-blad en skryf in vir hul Valentynskompetisie. Jy staan ’n kans om 30 bottels van hierdie wyn te wen! Besoek www.darlingcellars.co.za vir meer inligting oor die rosé en hul ander wennerwyne.
Besoek De Doornkraal Vinotel vir ’n Valentynsete en ’n glasie Divine Blush.

Romantiese ete

    Bederf jou geliefde hierdie Valentynsdag met ’n romantiese driegangmaaltyd by die De Doornkraal Vinotel in Riversdal.

    Geniet keurige opsies van voor-, hoof- en nageregte saam met die De Doornkraal Vinotel se Aan’t Vette-wyne. Die Divine Blush is ideaal vir Valentynsdag en ’n goeie pasmaat vir pasta, seekos en goeie geselskap.

    • Die boetiekwyne is gebore op die oewer van die Vetterivier in die enkelblok­wingerd van die De Doornkraal Vinotel se Aan’t Vette-wynlandgoed in Riversdal. Dit is ook jou eerste stopplek op die Eden-wynroete. Die Valentynsete kos R425 per paartjie. Skakel 028 713 3838 om te bespreek en besoek ook www.dedoornkraal.com of hul sosiale media vir nog inligting.
    Deur wyn by Boland Kelder te koop volgende week, kan jy groot wen.Foto’s: VERSKAF

    Wyn vir jou Valentyn

      Jou aankope by Boland Kelder hierdie maand kan van jou ’n wenner maak.

      Bestee R300 of meer by Boland Kelder se proelokaal in die Paarl en staan ’n kans om ’n Boland Kelder­geskenkbewys plus ’n Cattle Baron­geskenkbewys ter waarde van R500 elk te wen. Hierdie promosie is geldig vanaf 10 tot 14 Februarie 2020, en die wenner sal op 17 Februarie 2020 op Boland Kelder se Facebook-blad aangekondig word.

      Avontuur se “cake pop”-en-wynproe is ’n treffer tydens die maand van liefde.

      Koek en wyn vir die liefde

        Die “cake pop”-en-wynproe van Avontuur in Stellenbosch is terug met ’n spesiale Valentynsgevoel.

        Proe vyf van Avontuur se wyne, elk met die heerlik gegeurde “cake pop” as metgesel, en besluit self watter kombinasie is vir jou die beste.

        Die aanbod is van 10 tot 23 Februarie in die proelokaal beskikbaar of op die patio met sy uitsig oor die berge en Valsbaai op mooiweersdae.

        • Avontuur se proelokaal is Maandae tot Vrydae van 08:30 tot 17:00 oop, en op na­weke van 09:00 tot 16:00. Die spesiale proe kos R140 per persoon. Bespreek by 021 855 3450 of winery@avontuurestate.co.za.
        Blair Taberer maak musiek tydens Avontuur se Valentysnete.

        Romanse in die lug

          Valentynsaand is spesiaal in Avontuur se restaurant, met ’n romantiese tema wat jou geliefde se voete onder hom of haar sal uitslaan.

          ’n Verwelkomingsdrankie wag vir jou by aankoms, dan is daar ’n driegangete met keuses wat bedien word, en om die aand mee af te sluit is daar ’n klein geskenkie om huis toe te vat.

          • Blair Taberer sal die agtergrondmusiek verskaf, en indien die weer dit toelaat, word paartjies op die patio bedien sodat die sonsondergang die agtergrond vir jul aand kan wees. Andersins sal die kos in die restaurant voorgesit word. Dit kos R450 per persoon en ’n deposito van R500 word vereis. Stuur e-pos na openhand@polka.co.za of skakel 021 855 4296 om te bespreek. Die aand begin om 18:00.
          Probeer die nougat-en-wynproe by Wellington Wines hierdie maand.

          Nougat vir die suikertand

            Wellington Wines nooi besoekers met ’n suikertand na ’n spesiale proe van hul Duke of Wellington-wynreeks gedurende Februarie.

            Besoek vandeesmaand hul Bovlei-kelder om die Duke of Wellington Chenin Blanc, Wit Pinotage en Pinotage te proe saam met ’n verskeidenheid smullekker nougat wat sommer jou hartsnare sal roer.

            Jy kan ook meer tyd by hulle bestee en ’n ligte middagete by Bain’s Caffé geniet, of bring jou verkyker, stapskoene of bergfiets saam om die fynbosomgewing van naderby te ervaar.

            Elke laaste Vrydag van die maand is dit ook hul Moonlight Mark vanaf 17:00 met peuselborde, stalletjies, musiek en goeie wyn.

            Neem deel aan ’n Valentyns-pretloop by Devonvale.

            Aktiewe Valentynsaand

              By die Devonvale-gholf-en-wynlandgoed kan paartjies deelneem aan ’n 5 km-pretloop op Valentynsaand.

              Dié 5 km-roete sal jou neem deur die gholfbaan, meestal op geplaveide paaie. Daar is ’n goeie kans dat jy van die wilde diere sal sien, wat sowat 30 springbokke insluit.

              Elke persoon wat die roete voltooi, kry ’n glas as gedenkwaardigheid wat hulle een keer kan volmaak met wyn, bier of sap om te geniet tydens die vermaak deur Benjamin Peacefull.

              • Daar sal kosstalletjies wees of jy kan ’n bespreking maak by die restaurant by 021 888 4731. Besoek enter.entryninja.com om in te skryf vir die pretloop.
              Geniet Tasché se optrede op Valentynsdag by Linton Park.

              Musiek en piekniek

                Geniet op Valentynsdag ’n romantiese piekniek by Linton Park saam met Tasché, die 2019-wenner van The Voice, en nog plaaslike talent terwyl die son in die agtergrond oor die Wellingtonse landskap sak.

                • Die piekniekpakket sluit in toegang vir twee mense en ’n piekniekmandjie met onder meer samoesas, frikkadelle, quiches, slaai, vrugte en sjokoladebruintjies. Dit sluit ook ’n bottel Rhino-wyn van jou keuse in asook 10%-afslag op alle wynaankope op die aand. Die hekke maak om 17:30 oop. Plaaslike kunstenaars begin om 18:30 optree en Tasché se optrede is om 19:45. Dit kos R100 per persoon of R550 vir die piekniekpakket. Kaartjies is aanlyn beskikbaar op Quicket.

                WEN! Een leser kan ’n piekniekpakket wen wat toegang vir twee mense en ’n piekniekmandjie insluit. Stuur jou naam en nommer na Susan Kits by tasting@lintonparkwines.co.za om in aanmerking te kom vir die kaartjies.

                Geniet ’n Valentynsdagete tussen die bos by Venue D’Aria.

                Aand in die bos

                By Venue D’Aria word ’n romantiese aand in die pragtige populierbos van D’Aria aangebied.

                ­Hulle bied ’n ervaring waar paartjies hul liefde kan deel, beleef en ervaar.

                Laat hulle jou en jou geliefde bederf met ’n heerlike watertand­viergangete, bottel wyn en musiek tussen die bome en liggies.

                • Daar is slegs ’n beperkte aantal tafels, so bespreek sommer nóú. Dit kos R700 per persoon en bespreking kan by Dorette gedoen word by events@venuedaria.co.za of 082 9288 103.
                Lanzerac rol die rooitapyt uit vir jou en jou geliefde vir ’n romantiese aand.

                  ’n Liefdes affêre

                  Sluit op Valentynsdag aan by Lanzerac vir ’n ete in styl.

                  Dié landgoed gaan die rooi tapyt uitrol vir paartjies wat hul liefde met ’n romantiese eetervaring wil vier.

                  Gaste gaan ’n intieme aand saam geniet terwyl ’n heerlike viergangmaaltyd in die Manor Kitchen voorgesit gaan word. Boonop word jy vermaak met die agtergrondmusiek van ’n pianis.

                  • Die prys sluit ’n glas MCC by aankoms, canapés en die ete in. Dit kos R595 per persoon. Be­spreking kan gedoen word by events@lanzerac.co.za of 021 887 1132.
                  Meer oor:  Valentynsdag  |  Versnit
                  MyStem: Het jy meer op die hart?

                  Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

                  Ons kommentaarbeleid

                  Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

                  Stemme

                  Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.