Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Vis-vreugde

Die Cresta-winkelsentrum in Randburg, Johannesburg, het pas ’n reuse-vistenk bekend gestel. Die tenk bevat duisende liter water en tientalle kleurvolle visse. Die CrestAquarium se ronde voetstuk staan op die grondverdieping en strek meters hoog tot by die volgende verdieping van die sentrum. Ronde, groot skerms vertoon verder boontoe beeldmateriaal van die visse in die water.

Die vistenk in die Cresta-winkelsentrum gryp die verbeelding aan.
As jul gesin vandag die sentrum besoek, kan die kinders leer hoe om visse uit afvalplastiek te maak. Foto:

Hoewel dit nou nie juis ’n akwarium in die ware sin van die woord is nie, bied die CrestAquarium, soos dit genoem word, duisende mense wat nooit die see sal sien nie die geleentheid om die wonder van lewe onder die water van naderby te bekyk, het Virginia Bester, hoofbestuurder van die sentrum, by die bekendstelling gesê.

Hulle hoop om só ’n liefde vir die see by almal te kweek.

Dié konynvis is die enigste giftige vis in die tenk.

10 feite oor die CrestAquarium

1. Die CrestAquarium se tenk bevat 75 000 liter soutwater.

2. 2 500 kg sout was nodig om die water voor te berei, sodat dit net so sout soos die see is.

3. Sodra al die vis-inwoners ingetrek het, sal meer as 200 visse die tenk hul tuiste kan noem.

4. Daar is ’n koepelvormige kykvenster onder in die tenk waarin jy kan kruip, wat jou sal laat voel asof jy tussen die visse staan.

5. Die akriel van die deursigtige silinder wat die tenk vorm, is 50 mm dik.

6. Die meeste van die jong engelvisse (van die familie pomacanthidae) in die tenk se kleure gaan nog verander namate hulle volwassenheid bereik.

7. Een van die visse in die tenk is giftig. Dis ’n soort konynvis, die “jakkalsgesig”-konynvis, met ’n geel lyf met giftige stekels en ’n swart-en-wit gestreepte gesig met ’n tuitbek.

8. Daar is ook ’n blaasoppie. Hy kan homself opblaas, veral wanneer hy bedreig voel deur roofvisse. Daar is egter geen roofvisse in die tenk nie.

9. Al die visse kom uit die Indiese en Atlantiese Oseaan.

10. Nie ’n enkele vis is op die lys van bedreigde spesies nie.

Meer oor:  Randburg  |  Johannesburg  |  Vis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.